Monday, February 15, 2010

Tegnies half-pad

Is vandag 19 weke & 2 dae swanger, so tegnies is ek amper half-pad met my swangerskap.  Kan dit nie glo nie!  Het nog net 19 weke om te  gaan voor baba haar opwagting maak! WOW!  En daar is nog soveel dinge wat gedoen & gekoop moet word.  Het darem Vrydag die AngelCare Nappy Bin via Edgars Online Shopping bestel, wag nou net dat hul my bel om te bevestig dat dit gereeld is en dat ek dit by die winkel kan gaan optel.  Dan moet ons nog die laaste goed in die kamer klaarmaak, soos die Dido-rail opsit en die prente ophang.  Die Chest of Drawers moet nog gekoop word en dan natuurlik, die belangrikste van alles, die res van baba se benodighede!  Sulke dinge se beplanning gaan soms moeilik as die finansies nie lekker wil saamwerk nie, en dit is iets waaroor ek nie regtig wil gesels nie, want as dit nie vir my "bumper bashing" was nie, was dinge salk anders gewees, maar nou ja, sh@t happens en ongelukke gebeur.....
Sien weer Woensdag die dokter, Guilm kan ongelukkig nie die keer saamgaan nie, het vol week training die week :-( 
Kan nie wag vir Woensdag nie, kan nie wag om te sien hoe groot baba geword het en of sy nou wel besluit het om 'n sussie te bly nie!  En volgends die standard groei-chart moet sy ongeveer 15.3cm lank wees en al 240 gram weeg, en volgens my liniaal is 15.3cm al baie lank!
So, dit was gister Valenteinsdag, 'n dag gevul met liefde, hartjies, liefies en soentjies.  Maar in die Botha-huishouding het dit bestaan uit "home-made breakfast", movies & dvd's, en ons almal wat meeste van die dag in ons pj's op die bank ge-loaf het.  Die res van die middag het ons buite op die grasperk saam met Hanco spandeer en net lekker saam met hom gelag en gespeel.  En dit was vir my meer kosbaar as enige iets anders!
Ongelukkig het die week nie baie lekker begin nie, Tannie Hettie het ons vanoggend net na 06h30 gebel en om hulp gevra...sy het perongeluk oor haar Toypom-woefie gery, en ja Simba het ernstig seergekry.  Sy het hom toe maar in die kar gelaai en na die vearts toe gevat, wat bevestig het dat Simba se een longvlies geskeur het, sy maagwand heelwaarskynlik geskeur het en een van die bene in sy beken ook gebreek het.  Dit sou haar amper R4,000.00 om Simba vir 3 / 4 dae te laat opneem, en na vele trane het sy toe maar vanoggend besluit om hom eerder te laat uitsit, wat haar self 'n stewige R1,000.00 gekos het.  Ag shame, ek kry haar so jammer, asof sy dit ook nou nog op hierdie stadium nodig het, die ongeluk en hartseer het haar genoeg ge-terroriseer die laaste paar weke.
Nou ja, kom ons sien wat lewer die res van die week op!
UP, UP AND AWAY! 

Thursday, February 11, 2010

Hanco se ouer-aand

Die ouer-aand van Dinsdag (09/02/2010) het toe baie goed afgeloop, al was dit meer die "informational type" as enige iets anders regtig.  Die skoolhoof het maar meer met ons gepraat oor die prosedures ensv. by die skool.  Sy het wel 'n paar interessant punte gelig :
1.  Ouers van vandag is bang vir hul kinders en is bang om hul kinders te dissiplineer;
2.  Kinders wat in die eerste helfte van 'n jaar gebore is, se vordering is baie verder as 'n kind wat in dieselfde jaar, maar in die laaste helfte van die jaar gebore is;
3.  Ouers doen nie hul kinders 'n guns deur hul vroeg in die skool te sit nie, want alhoewel jou kind "slim" genoeg is daarvoor, hy is emosioneel glad nie gereed daarvoor nie.
4.  Dat hul deur verskillende fases van metoriese vaardighede met die kinders gaan, soos dat die kinders eers moet leer papier frommel, dan leer hul hoe om die papier in vorms te skeur, dan leer hul met klei speel en laaste word hul geleer hoe om met 'n skêr te knip.  En alhoewel die juffrou hul tot by 10 leer tel, hoe hul op die ouderdom net tot by 3 te ken, hul hoef net te leer van 'n sirkel, driehoek & vierkant, en al kleure wat hul nou hoef te ken is rooi, blou, geel en groen.

So ek is baie gelukkig met die vordering wat Hanco tot op hede gemaak het, maar nou ja, ek is in elk geval een van daai mammas wat glo dat 'n kind leer deur te speel, en dat my kind se geluk vir my veel belangriker is as om 'n klein "genius" in die huis te hê.

Thursday, February 4, 2010

17 weke & 5 dae....

Jip! Ons is al amper 18 weke swanger, die 20 weke-mylpaal is insig!  Morning sickness is a thing of the past, en dankie tog daarvoor, want ek weet nie hoeveel langer ek nog met dit sou kon uithou nie!?  Pensie is al mooi sigbaar en ek "waddle" alreeds. 
Ons 15 weke & 4 dae scan het baie goed verloop, dokter baie beindruk met baba se vordering en baba het toe al 128g geweeg, en dokter vermoed dat dit die keer dalk 'n dogtertjie kan wees!  Hy is self nie seker nie en sal eerder 100% seker maa met ons volgende scan, wat die 17de Februarie is.
Ek het haar nog nie voel skop of beweeg nie, maar dit sal seker met tyd kom, meeste vrouens voel dit eers teen omtrent 20 weke, so ek is al amper daar.


(Ons 15 weke & 4 dae scan)

















(My 15 weke & 3 dae pensie)











Het Donderdag 'n klein bumper bashing gehad waar ek agter-in 'n vrou se (stokou) bakkie vasgery het, gelukkig het niemand seergekry nie en haar bakkie het geen skade nie, maar ons het 'n kwotasie gekry vir die skade op die BMW, en my "klein" bumper bashing gaan ons (of eerder die versekering) R16,947.13 kos, waarvan ons bybetaling ±R2,000.00 gaan wees...so daar gaan my baba-shopping spree vir die maand!

Gepraat van baba-shopping, ek sal een of ander tyd moet begin daarmee, want ons het nog niks vir die baba gekoop nie, nie dat ons regtig wil nie, het besluit dat ons bietjie gaan vasbyt daarmee tot na ons volgende scan, net sodat ons baie duidelik seker kan maak van baba se geslag, wil nie met my voet in my mond sit oor ek te veel van die verkeerde ding gekoop het nie.

Ons begin die naweek die kiddies se kamer te verf en re-vamp!  Moet dit baie selektief doen, aangesien Hanco sy kamer met sy nuwe sussie gaan moet deel, het ons besluit om 'n Unisex-tema.  Gaan die mure lig-groen verf met 'n hout border om.  Hanco se Ben 10 beddegoed gaan daarby inpas en die Winnie The Pooh tema wat ek met die baba se gedeelte van die kamer wil doen.  So nou is dit net om te begin daarmee, kan nie wag nie!

Ek is regtig moeg vandag, voel of ek dae laas geslaap het en of ek enige oomblik agter my rekenaar aan die slaap gaan raak, so ek doen nou enige iets moontlik net om myself wakker een aan die gang te hou.

Ons het volgende Woensdag aand ons eerste ouer-aand by die kleuterskool, en heel opgewonde daaroor, net om graag meer uit te vind oor Hanco se vordering en aanpassing by die kleuterskool.  Want van wat ek kan sien lyk dit of hy baie goed aanpas en dit verskriklik baie geniet daar, sukkel nie om hom in die oggende te gaan aflaai nie, maar Guilm sukkel wel in die middae om hom in die kar te kry...hie hie hie

Slaap, slaap, snork, snork... I need some tea!

Monday, January 11, 2010

Liewe genade.....

Ek weet nie eens regtig waar of met wat om te begin nie.  Als was en is net so besig, bedrywig en deurmekaar!  Dalk moet ek met dit wat nou gebeur begin e later terug gaan na die res....
My biekie-baba is nie meer so baba soos wat ek hom nog graag sou wou gehad het nie, hy is Woensdag Kleuterskool toe!  Ek kon nie glo dat die tyd al aangebreek het daarvoor nie, ek kon glad nie Woensdag oggend my emosies in toom hou nie en het al gehuil nog voor ons weer terug in die kar kon klim! (Gelukkig het hubby saam gegaan en kon ek op sy skouer huil) 
En om dinge nog erger te maak het ons Hanco van die kot na die enkel-bed geskuif (want die kot moet nou gebere word vir nommer 2), als is oorgetrek met nuwe "Ben 10" beddegoed en hy is heel in sy skik om elke aand in die bed te slaap (en het tot dusvêr toe nog net eenkeer uit die bed geval terwyl hy slaap).
Dit is regtig skrikwekkend as mens besef hoe vinnig tyd regtig verby gaan, oor 3 jaar gaan my biekie-baba al Laerskool toe en oor minder as 24 weke word ons vir 'n tweede keer mamma & pappa!
Wat die swangerskap aanbetref : Was Saterdag 14 weke swanger en dinge gaan eintlik heel goed, het nie regtig meer klagtes nie, nie naargeid is verby (meeste van die tyd) en die magie begin nou al redelik wys, alhoewel hy heeltemal anders lyk as toe ek swanger was met Hanco.  Nog nie regtig vir baba voel beweeg nie en glo en vertrou elke dag dat als nog 100% is.  Ons gaan volgende week vir ons volgende scan, dan sal ons darem kan sien hoe baba gegroei en gevorder het...kan nie wag nie!
Het laas week met 'n skok besef dat ons nog net 24 weke oor het voor baba hier is en dat ek nog niks vir baba gekoop het nie!  Moet my bas in rat kry en begin shop!

Monday, November 23, 2009

Alweer, nogsteeds, defnitief....

Ok, so dit is defnitief beslis, Boontjie Botha is oppad! Jip, die sonar op die 12de November 2009 het als bevestig, dat ons wel swanger is en dat dit op daai stadium 5 weke en 5 dae was (trek nou al by 7 weke en 2 dae).  Maar tog in 'n mate voel dit nogsteeds nie vir my werklik nie, behalwe vir die feit dat ek so siek is dat ek nie behoorlik kan eet nie, want niks bly binne nie!

Daar is eintlik soveel om te vertel dat ek nie regtig weet waar om te begin nie.?.?.?.?

Kom ons begin by hubby : Hy is eenvoudig net die beste! Vandat ons uitgevind het ek is swanger is dit asf ek 'n nuwe man het, hy dra my op sy hande, ek kon nie vir beter ondersteuning gevra het nie!!

Hanco raak nou net te blerrie oulik, het deesdae hierdie ding wat hy sy gesiggie op die cuteste maniere trek as hy bv. iets vra of iets gevra word of hy verstaan iets nie lekker nie, kan hom opvreet elke keer as hy dit doen.  Ons het hom probeer verduidelik dat daar nou 'n nuwe baba in my maag is, maar ek dink nie hy verstaan die hele konsep regtig nie, ek dink hy herhaal maar net nog op hierdie stadium wat ons hom vertel het.  En dan het hy my regtig nou die dag gevra hoekom ek die baba ingesluk het, aangesien die baba dan nou in my maag is! Hie hie, dit was vrek snaaks!

Dan is daar die nuwe baba wat oppad is, en om eerlik te wees, ek weet nog nie heeltemal of ek vrek bang of vrek opgewonde daaroor is nie.  Dit voel regtig vir my of ek weer heeltemal van voor af vir die eerste keer swanger is.  En dit voel steeds vir my of ons dalk nog bietjie langer met nommer 2 moes wag, maar baba se "due date" is Julie 2010 en Hanco word 4 in Augustus 2010, so daar is alreeds 'n 4 jaar ouderdomsverskil tussen die 2, wat vir my nie te bad is nie, nie te kort op mekaar of te vêr uitmekaar uit nie.

Dalk voel als maar net vir my so deurmekaar op hierdie stadium, en sal als nog rustig op hul tyd in plek val, ek moet net vasbyt en elke oomblik daarvan geniet, alhoewel daar nie veel op hierdie stadium is om te geniet nie, want van Saterdag af sukkel ek redelik om enige vorm van kos in te hou, ek het nie net "morning sickness" nie, ek het "all day bloody sickness" en dit is besig om my stelselmatig onder te kry, want ek bly siek, kan niks eet nie, en as ek wel waag om iets te eet, kom dit net weer so uit, sjoe, dis bad en dis aaklig en ek haat dit om so te voel.

Wel, ten minste het ek iets anders om na uit te sien :
-  Ons volgende scan die 17de Desember 2009;
-  Ons gaan see toe vanaf die 19de Desember 2009 tot en met die 5de Januarie 2010! 
    Kan nie meer wag om met my toontjies in die sand te sit en speel nie!!!
-  En dis amper KERSFEES!!!

Monday, November 9, 2009

Drome....

Dalk soms, net soms word drome vinniger waar as wat mens dink....
Was die laaste twee maande op die ovulasie-calculator (aangesien ons probeer vir nommer 2), teen maand 2 dag 28 (30/10/2009) het nog niks gebeur nie, en het toe maar besluit om 'n tuis-toetsie te doen, en KABOOM!!! daar is 2 lyntjies.  Ek het gedog dat ek my dit half verbeel en het toe weer op Sondag (01/11/2009) nog een gedoen, en weer eens was daar twee lyntjies.  Ek en hubby het besluit dat ek maar daai Maandag (02/11/2009) sal gaan vir bloedtoetse, al vlieg hy weer daai Maandag-oggend vir die week Kaap toe.  Was tydens my etensuur by die dokter vir bloedtoetse, 6liter bloed en een helse gat in my arm later (en ja, dit is hoe dit vir my gevoel het!), sit ek angstig en wag vir die oproep. 
Teen 17h05 kon ek dit nie meer hou nie, en bel die dokter se spreekkamers....net om te hoor dat my bloedtoetse negatief is, die beta telling is 0.9!!!!  Ek het die hele Maandag-aand by die huis spandeer in trane, kon net nie ophou huil nie, ons was dan so seker.
Teen Vrydag (06/11/2009) en nadat "Liewe Tannie" missing in action is vir al meer as 7 dae, het ons weer 'n toets gedoen, en weereens was dit positief, ek het summier besluit dat ek 'n afspraak by die Ginekoloog gaan maak.
So, nou ja, "Liewe Tannie" is al vir 10 dae uitstedig en ons eerste afspraak by die Ginekoloog is gebook vir die 12de November 2009.
Tans weet niemand (behalwe selected few) van ons vermoede nie, sal eers al die vriende en familie laat weet as die Ginekoloog als vir ons 100% bevestig het.
Is ek opgewonde? Om eerlik te wees, weet ek nog nie of ek opgewonde is oor die idee nie.  Ek is een van daai wat eers 'n ding moet sien, voor ek dit kop, so miskien sal als werklik word met die eerste sonar.....

Thursday, October 29, 2009

met 'n pouveer in my hoed

"Sy" is deesdae by amper elke kruising te sien, daar waar sy met haar kiddie aan haar sy staan.  Soms met 'n vriendelik glimlag, en soms probeer sy maar ongesien verby jou kyk terwyl jy haastig besig is om jou neus in die lug te gooi en die kar se ruit toe te maak....
Maar maak dit regtig saak of sy daar staan oor sy MOET en of sy dit doen "net-vir-sommer"?

Mag sy weer glo in geluk?
Mag sy weer glo in goedheid?
Mag die son vir haar weer skyn?
Mag ons oordeel en is ons verhewe?

En dan onthou ek die post-it in my Bybel by die teksvers wat my elke dag onthou dat soos wat Hy vir die mossies sorg, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons, Sy kinders, sorg nie!


Dus begin ek stadig om al die free-be's in my Sarie's, Rooi Rose & Baba en Kleuter's bymekaar te maak, saam met al die "toys" wat boeta elke keer by die Kits-kos Restaurante kry (hy het defnitief nie albei van alles nodig net sodat dit teen morê-aand verlore en verlate die hele huis kan vol lê nie).  Ek wil dit graag vir haar gee, want net vir sommer!
 
.....Mag die mossie, al is dit net vir een enkelle oomblik soos 'n spoggerige pou voel.....