Monday, November 29, 2010

Zhané : 5 Maande!

Liewe genade sussie, mamma kan nie glo hoe vinnig die tyd besig is om verby te vlieg nie! Jy is al 5 maande oud, wat het van my klein babatjie geword wat net nou die dag gebore is!
Jou vordering is so goed en mamma is so trots op ou, jy bemeester elke dag iets nuuts. Jy is om 'n avontuur-tof en ontdekkigingsreis van jou eie, jy verstaar jouself en bewonder als om jou, en dit is asof jy nie genoeg van als kan kry nie.
Ons het begin met die vaste kossies en tot dusvêr toe gaan dit redelik goed, alhoewel jy in die begin niks van die pappies wou weet nie, eet jy dit nou soos 'n wenner! Jy kry in die oggende en in die aande met jou pappies en mamma gaan binnekort met groente en vrugte ook begin, so ek hoop dit gaan so goed as wat dit met die pappies gaan.
Die res van jou ontwikkeling en mylpale is ook redelik op dreef, jy sal so af en toe omrol as ek jou op jou magie neersit, jy het ook jou voetjies ontdek, en met elke kansie wat jy kry, tel jy hulle hoog op en druk omtrent al jou toontjies in jou mond, jy wieg ook lekker heen en weer as jy so moet jou voete in die lug lê. Jy begin ook jou armpies en handtjies uitstrek om die speelgoed wat ons voor jou hou, te kan vat.
Jy en boetie kan tog so lekker saam speel, en vir alles wat hy doen, lag jy te lekker! Ek is so bly as ek sien dat julle twee so goed oor die weg kom, hoop net dit hou vir so lank as moontlik so aan.
Ons is lief vir jou, ons klein Biekie-bouter!

Friday, November 12, 2010

Zhané

Vandag, presies 1 jaar terug, het mamma en pappa baie opgewonde vir al die vriende en familie laat weet dat jy oppad is! Jy was 'n volle 5 weke en 5 dae oud!! En vandag is jy al 4 en 'n half maande oud! Ek kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie, dit is skrikwekkend. En as ek my oë uitvee staan jy voor my in jou matriek-afskeid rok, of dalk nog erger...jou trourok!
Al wat ek wel weet is dat ek verskriklik lief is vir jou en my lewe nie een dag sonder jou of Hanco kan indink nie!
Mamma is onsettend lief vir jou my Biekie-bouter!

Thursday, October 21, 2010

Wednesday, October 20, 2010

Zhané : 3 maande & 3 weke

Mamma het jou weer gister vir jou inentings gevat, en alhoewel jy so braaf was, was dit maar nogsteeds eina gewees en kon jy jouself nie help nie, en het jy gehuil, al was dit net 'n vinnige huil. Jou vordering is baie goed, jy weeg al 6,36kg en is al 61cm lank! Jy doen so goed my Biekie-Bouter, en mamma is so trots op jou!

Liefies jou verskriklik baie my Biekie!

Tuesday, October 5, 2010

Zhané : 3 Maande & 1 week

Jy word nou so vinnig groot my poplap, kan nie glo dat jy al drie maande oud is nie!

Die 21ste September 2010 het mamma jou weer gevat vir jou inentings, en jy was so braaf die keer gewees, skaars gehuil!
Jy weeg al 5.6kg (al 2.70kg opgetel vanaf jou geboorte), is al 59cm lank en jou kop-omtrek is al 39.50cm
Ons is so trots op jou, want jy is die vriendelikste klein Biekie in die wereld!
Mamma, Pappa en boetie is so baie lief vir jou!!

Die Biekie's (vervolg)

Zhané :
Hanco :



















Mamma en Zhané :

Oktober

So het Oktober aangebreek en ek het dit gevier met my verjaarsdag, ek het dit saam met my liefste bollie en my lawwe Biekie's gevier, saam met vriende en saam met familie, en ek het elke oomblik daarvan geniet, want ons het sommer 'n hele naweek ding daarvan gemaak...hoe heerlik
En daar het soveel deure vir ons oopgegaan saam met die aanbreek van Oktober....

Ons trek Meyerton toe, ja, Meyerton, nou nie regtig my nommer 1 keuse van plekke om na heen toe te trek nie, maar die geleentheid wat ons daar gebied word, sal nooit weer op ons pad kom nie. Guilm kry die geleentheid om 'n werkswinkel oor te koop, 'n reeds gevestigde werkswinkel, waarop daar geen skuld is nie. Hy word 'n salaris betaal, kry winsdeling en kan sodoende aandele in die besigheid oor koop totdat hy op die ou einde van die dag 100% aandele in die werkswinkel besit. Maar saam met dit is daar soveel dinge wat gereël en gedoen moet word voor ons einde Desember kan trek, en hoe vinniger ons die wiel aan die rol kan sit, hoe beter vir almal.
Sjoe, kan nie glo die geleentheid het ons pad gekom nie, voel so onwerklik, maar dit gee ons net weereens 'n kans om elke oomblik te gryp en die beste daarvan te maak!

Ek het ook die nuwe Canon 500D Twin lens kit as verjaarsdag geskenk gekry, wat 'n wonderlike verrassing was dit nie gewees nie!!!! En ek het net weereens besef watse wonderlike vriende en familie ons het, want daar is soveel van hulle wat 'n bydrae gemaak het sodat ek die kamera kon koop, hulle is net truly amazing!!
Nou kan ek uiteindelik die fotografie kursusse doen om my in staat te stel om my droom te bewaarheid! Ek kan so nie meer wag om 'n fotograaf te word met my eie studion nie!!!
My b-day prezzie :










Wat 'n great en opwindednde maand, kan nie wag om te sien wat die res vir ons inhou nie!