Tuesday, June 28, 2011

Zhané : Jou HEEL EERSTE Biekie-birthday!


Jy is 'n volle een jaar oud vandag!! Jy het vanoggend al dansend en wiegend op die bed gesit terwyl "Veels geluk liewe maatjie, omdat jy verjaar" se skewe note deur die kamer baljaar het.  Jip, jy is 'n drama-queen van formaat en het defnitief die aandag geniet, jy het ook ewe kordaat "ja" met jou koppie geknik toe jy gevra word of dit jou verjaarsdag vandag is, so asof jy presies verstaan waaroor als gaan, wat my eintlik nie sal verbaas nie.
Jy het al soveel mylpale behaal, en jy doen dit moet soveel entoesiasme en ywer, dat ek soms stilstaan en met verbasing jou aanstaar, want jy is eenvoudig net amazing!
Jy kan al op jou eie staan, en het al so een of twee treetjies aangedurf, maar nog nie veel meer as dit nie.  Jy begin ook al hoe meer en meer woordtjies kaf draf, soos : da-da, ma-ma, ba-ba, dans-dans, seun
Ons het vir jou laat oorbelle inskiet op jou 11-maande herdenking, en dit lyk te skattig, en gelukkig pas skattig by skattig, want ja, jy is skattig!
Hoop jy het jou daggie geniet, en mag jy net nog meer ons lewens met lag, plesier, vreugde en vrede vul, want om jou en boetie as my Biekies te hê is voorwaar my trotste oomblikke in die lewe!
Liefies jou my liewe, lawwe Biekie-bouter!

Thursday, May 26, 2011

Being B, being a mom....



Although my blog is mainly Afrikaans, cause there is no better language to describe certain things than Afrikaans, I decided to do this post in English...

Ok, so it is 23h15, both kids finally asleep, after we struggled for about 2 hours to get H into bed, who complaint of ear-ache and sore legs, and I realized that as a mother, this is basically the only me-time I have. The only time to Facebook, bbm, bb-blog, read my Living & Loving mag, what ever.

I am one of those people who devote my whole being to being a mother and wife, there are few things in life just as, or more important to me than this. I thrive in placing my family above everything else and maintaining it that way.

Motherhood took me quite by surprise, as I was still fairly young (24) when I fell pregnant with H. None of our friends had kids, we were still basically newly-weds and have not even properly planned life ahead, never mind thinking of children...

But from the moment we met at birth, when he was placed on my chest, I knew this is where I was suppose to be.

And I enjoy every moment I have as a mother, and that is why we waited for almost 4 years before Z was born. I wanted to make sure that I was there for H in his first crucial years of development, he needed my undivided attention just as much as he needed our love.

And now, with him almost turning 5, he has developed into a smart, handsome, playful and loving little boy, with an imagination that is hard to put in words. He does not rely on us that much anymore, so I can shift my focus over to Z, who I might add, reached that very demanding stage of not being a baby anymore, but not yet a toddler...enough said

So with the blissful mid-night sounds of the tumble drier rumbling in the back ground, I lie in bed, bb in hand, and smile, cause the joys of motherhood does not only include the proud and happy moments, but also the difficult and daunting moments, the laughs and the tears. And I once again realize that I am truly blessed, that my quest in life is that of motherhood, and that I accept that quest with every loving fiber in my body, and that Being B, being me...is being a mother

Monday, May 23, 2011

Bugs en butterflies in die Biekie-bos

Daar is 'n geskarrel, daar is 'n geroer, mondtjies fluister...oortjies luister
In die Biekie-bos word daar beplan, gesoek en gedink, want daar gebeur een van die dae baie spasiale dinge in die Biekie-bos....
 
Jip, dit is amper Biekie-bouter se HEEL EERSTE verjaarsdag, en Biekie-Baba word amper 'n volle-handtjie VYF jaar oud!!
Mamma-Biekie skarrel verboureerd rond, bekommerd dat sy nie betyds als gereël gaan kry nie, sy wil seker maak dat als presies reg is vir Biekie-bouter se verjaarsdag, al gaan sy nie veel onthou nie, bly dit steeds haar HEEL EERSTE verjaarsdag. 

Mamma-Biekie het besluit om die hulp in te roep van goggas en bottervliegies, net om die spesiale dag so tikkie ekstra meer spesiaal te maak.

En na Biekie-bouter se vejaarsdag is dit amper Biekie-baba s'n.  Mamma-Biekie kan hom seker nie meer Biekie-baba noem nie, aangesien hy amper 'n hele handtjie-vol vyf gaan word.  Maar vir Biekie-Mamma sal hy altyd haar Biekie-baba bly.  Hy was tog mos immers haar heel eerste Biekie!

En so deur al die geskarrel deur, kan Mamma-Biekie dit nie help om tog so bietjie stil te sit en verlore te raak in al die wonderlike gedagtes van haar Biekie's nie, want al bly hul haar Biekie's is sy sommer net biekie-baie lief vir hulle!

Monday, May 2, 2011

Wanneer is net nog een te veel?

Hoe kan als in 'n oogwink van 'n great aand saam met vriende en familie in 'n aand van choas verander?? Wanneer net nog een, een te veel word...
Wanneer "net nog een" die lewe van 'n onskuldige persoon in 'n oogwink verander, hul hele bestaan deurmekaar ruk, en verwoesting, hartseer, trane en verwyt agter gelaat word...
Wanneer die bande van jarelange vriendskappe beproef word en op die prys gestel word vir "net nog een"...
Wanneer onskuldige kinders aan die wrede monsters van die lewe moet blootgestel word en met onskuldige, maar tog vreesaanjaende ogies, na dit wat besig is om te ontvou, moet kyk...
Wanneer geld nie meer 'n prys het nie, net solank daai persoon wat seer het, gehelp kan word
Wanneer 'n mens so hulpeloos voel, maar tog als in jou vermoe doen om dinge net beter te maak, en net erens 'n beginpunt soek om al die skerwe bymekaar te maak en weer aanmekaar te sit...

Dit wat ek die naweek beleef het en moes deurmaak, wens ek niemand toe nie, dit is traumaties om die minste te se. Dit laat jou besef wie en wat in die lewe vir jou belangrik is en wat mens nie als sal doen om dit te beskerm nie.
Ek het nog nooit my ma so weerloos gesien soos wat ek die naweek gedoen het nie. Haar krete van hulp en pyn gaan by my vir die res van my lewe spook, dit gaan my nooit alleen los nie, dit gaan my nooit laat vergeet nie.
Die feit dat ek as ouer toegelaat het dat my kind aan sulke omstandighede blootgestel was, gaan my vir altyd laat wonder of ek as ouer nie my kind gevaal het nie...
Sy was en is onskuldig, sy het dit nie verdien nie, maar tog is sy vandag die een wat met die nagevolge daarvan sit, tog is sy die een wat in die koue hospitaalbed le en wag vir verdere nuus.
Ek wens ek kon dit als verhoed of vermy op een of ander stadium, wens ek was daar op daai presiese oomblik om haar te beskerm teen die seer. Maar ek kon nie...

Dit wat gebeur het, bly in my kop maal en maal, as ek stil word hoor ek dit, as ek my oe toemaak, sien ek dit. Ek kry nie ontsnap daarvan nie, die kloue van wreedheid klem my nog te styf vas.

Wanner is "net nog een" een te veel...

Saturday, April 16, 2011

BB blogging

Ok, so kom ons kyk of dit werk, first time for everything...
Sit vanaand by 'n b-day braai in Pretoria. Heerlik om weer terug te wees in Pretoria, maar ek voel ewe skielik stok-oud. Want 99% van die mense om my is studente of pas gegradueer. Chats van jool, vlotte en koshuise vul die lug. Jong verliefdes staar diep in mekaar se oë, verlore. Ek voel so half alleen, en ek mis my kids. Ek ken nie van vlot-bou of jool nie, en is steeds verlief, maar nie meer verlore. En alhoewel hierdie post op hierdie stadium vir my geen sin maak nie, net so maak die feit dat ek vanaand hier is, vir my ook geen sin nie.
Maar nou ja, my doel was om my bb-blogging te toets, so let's toast to that...

Tuesday, April 12, 2011

Zhané : Doop (03/04/2011)


Ons het jou op die 3de April 2011 laat doop. Alhoewel jy nog te klein is om te verstaan waaroor dit gaan en waarom ons dit doen, het mamma en pappa ‘n plig teenoor Liewe Jesus om jou so na aan Sy Woord as moontlik groot te maak, dit is basies ons manier om vir Hom dankie te sê vir die wonderlike voorreg wat ons gegun is om ‘n mamma en pappa te kan wees, en hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.

Ouma Hettie het vir jou die mooiste moontlike rokkie gemaak, en jy het soos ‘n klein prinsessie in jou rok gelyk!

Ouma en Oupa Botha het van die Kaap af gekom vir jou doop (eintlik vir Oom Rayner se grade-plegtigheid, maar ten minste was hul hier om die groot dag saam met ons te kon vier). Hulle het vir die hele naweek by ons gekuier, en dit was so lekker dat hulle ook bietjie die kans kon kry om tyd saam met jou en boetie te spandeer. Ek is seker dat hulle julle sommer verskriklik baie mis


Oupa Deon het jou by die kerk ingedra, wat vir mamma trane in haar oë gegee het, dit was so great en spesiaal! Ek sou graag dat hy vir boetie ook die kerk kon indra met sy doop, maar dit is Oupa Hardus se voorreg gewees, oor dit die eerste kleinseun aan pappa se kant van die familie was. Maar gelukkig het Oupa Deon die keer ook ‘n beurt gekry.
Ons het so lekker saam gekuier met jou doop, saam met al ons wonderlike familie en vriende het ons die kans gehad om hierdie baie spesiale dag van jou vier!
Mamma en Pappa is so geseën om twee sulke wonderlike kinders soos jy en boetie in ons lewens te hê, ons kan ons nie 'n oomblik sonder julle indink nie en als wat ons doen, doen ons ter wille van julle, want julle verdien ons onverdeelde aandag en liefde, want julle is ons geluk, vreudge en seëninge!