Monday, February 22, 2010

Zhanè : 20 weke & 2 dae

Mamma was presies halfpad swanger met jou gewees Saterdag, kan dit nie glo nie!!  En vandag oor 18 wekies maak jy jou opwagting (via Keiser).  Kan nie glo die tyd het so vinnig verby gevlieg nie, dis amper tyd vir ons om jou te ontmoet!!  Ek wil hierdie week begin "shopping" doen vir al jou goedtjies, en het die naweek die oortreksels van jou stootkarretjie en drastoeltjie weer lekker mooi skoon gewas.
Jy is verskriklik woelig die laaste ruk, ek kan nou al jou stampies en skoppies begin voel, meestal oor elke liewe een van hulle presies op my blaas gebeur, pappa kon Saterdag aand lekker voel hoe jy skop, want jy was baie woelig gewees.  Ek speel ook nou gereeld vir jou musiek, en ek dink jy hou daarvan, want elke keer as ek dit vir jou speel, dan begin jou woel en beweeg daar binne.
Ons volgende afspraak is die 23ste Maart 2010, kan nie wag om jou weer te sien nie my prinses!

Wednesday, February 17, 2010

Zhanè : Dokter's besoek

Mamma het vandag weer bietjie vir jou gaan loer, Pappa kon ongelukkig nie saam kom nie, hy moes weer opleiding gee hierdie week, waaroor hy baie hartseer was, want hy sou so graag wou saam gaan, maar nou ja.
Volgens die dokter gaan dit baie goed met jou en groei jy baie mooi, jy weeg al 307g en jy is defnitief 'n dogtertjie, waaroor mamma baie bly is, want ek was baie bang jy besluit om eerder in 'n seuntjie te verander, en nou dat ons defnitief weet kan ons lekker begin "shop" en vir jou allerhande mooi goedtjies begin koop.
Het vandag met Ouma Elmarie gepraat en sy kom dalk saam volgende keer as ons vir die volgende scan gaan, wat baie nice sal wees!
Hier is jou sonar fototjie van vandag :

19 Weke & 4 dae oud :


O ja, Mamma kon nie lekker verstaan hoekom ek so effens ongemaklik is deesdae nie, tot die dokter die scan gedoen het en vir my gewys het dat jy moet jou voetjies na onder lê en lekker op mamma se blaas trap, skop en dans, en jy is bietjie woelig vandag, want ek kan omtrent elke liewe bewegingkie wat jy maak voel, wat so lekker is, want dan weet ek dat als ok is.

Jy moet nou sterk groei en lekker speel daar binne, liefies jou!

Tuesday, February 16, 2010

Hanco & Zhanè : Betekenis van jul name

"Hanco is a Hebrew male name.  The meaning of the name is 'God's grace'"
(Dit is alleen deur God se genade dat jy (en Zhanè) aan my & Pappa toe vertrou is, want sonder Hom was niks moontlik nie!)


"Zhane is a English girl name. The meaning of the name is `Gift of God`"
(En dit is presies wat jy (en Hanco) vir ons is, geskenke van God af, en ons kan nie genoeg dankie sê daarvoor nie!)

Zhanè : Jou reis tot dusvêr (19 w & 3 d)

Hi daar sussie, wel Mamma hoop dat jy darem nog 'n sussie is, maar ons sal morê sien en 100% seker maak.  Jy skop en woel nog nie regtig baie nie, maar dit sal seker een van die dae verander.  Mamma is amper 20 weke swanger met jou, wat beteken dat ons nog net 19 wekies oor het voor ons jou ontmoet en jy jou opwagting maak. Ons is baie opgewonde!  En soos jy seker al kan hoor gesels Hanco gereeld met jou en kry jy gereeld soentjie en drukkies van hom af.  Ons is lief vir jou en kan nie wag om jou welkom te heet nie!
Hier is jou eerste 3 sonar foto's en 2 foto's van hoe jy tot dusvêr toe in Mamma se pensie gegroei het :

(12/11/2009)

5 weke & 5 dae oud
Hartklop : 97 spm

















(17/12/2009)
11 weke & 2 dae oud
Hartklop : 168 spm
Lengte : 44.2mm


(20/01/2010)
15 weke & 4 dae oud
Gewig : 128g
Geslag : Dogtertjie (met 90% bevestiging)


Mamma se magie op 15 weke & 2 dae



Mamma se magie op 19 weke & 3 dae

Hanco : 'n Nuwe begin

Jy het hierdie jaar by Wierda Wonderland Kleuterskol begin, na jy vir meer as 2 jaar deel van Tannie Trudie & Siena se lewens was.
Jy geniet die kleuterskool en al die nuwe maaitjies verskriklik baie, al was jy in die begin 'n bietjie skaam.  En jy het sommer dadelik in almal se harte ingekruip.  Jou juffrou hierdie jaar is Juffrou Charlotte, wat baie lief vir jou is!
Hier is 'n foto van jou in jou "skool uniform" :



















Liefies jou my biekie-baba!

Monday, February 15, 2010

Die Biekie-baba's van Biekie-bos

Hierdie blog word opgedra aan my twee Biekie-baba's : Hanco & Zhanè (wat nog in my pensie wegkruip)
Ek wil graag jul doen en late neerlê sodat jul dit eendag met 'n glimlag op die gesig sal kan lees.
Liefies julle!!!

Tegnies half-pad

Is vandag 19 weke & 2 dae swanger, so tegnies is ek amper half-pad met my swangerskap.  Kan dit nie glo nie!  Het nog net 19 weke om te  gaan voor baba haar opwagting maak! WOW!  En daar is nog soveel dinge wat gedoen & gekoop moet word.  Het darem Vrydag die AngelCare Nappy Bin via Edgars Online Shopping bestel, wag nou net dat hul my bel om te bevestig dat dit gereeld is en dat ek dit by die winkel kan gaan optel.  Dan moet ons nog die laaste goed in die kamer klaarmaak, soos die Dido-rail opsit en die prente ophang.  Die Chest of Drawers moet nog gekoop word en dan natuurlik, die belangrikste van alles, die res van baba se benodighede!  Sulke dinge se beplanning gaan soms moeilik as die finansies nie lekker wil saamwerk nie, en dit is iets waaroor ek nie regtig wil gesels nie, want as dit nie vir my "bumper bashing" was nie, was dinge salk anders gewees, maar nou ja, sh@t happens en ongelukke gebeur.....
Sien weer Woensdag die dokter, Guilm kan ongelukkig nie die keer saamgaan nie, het vol week training die week :-( 
Kan nie wag vir Woensdag nie, kan nie wag om te sien hoe groot baba geword het en of sy nou wel besluit het om 'n sussie te bly nie!  En volgends die standard groei-chart moet sy ongeveer 15.3cm lank wees en al 240 gram weeg, en volgens my liniaal is 15.3cm al baie lank!
So, dit was gister Valenteinsdag, 'n dag gevul met liefde, hartjies, liefies en soentjies.  Maar in die Botha-huishouding het dit bestaan uit "home-made breakfast", movies & dvd's, en ons almal wat meeste van die dag in ons pj's op die bank ge-loaf het.  Die res van die middag het ons buite op die grasperk saam met Hanco spandeer en net lekker saam met hom gelag en gespeel.  En dit was vir my meer kosbaar as enige iets anders!
Ongelukkig het die week nie baie lekker begin nie, Tannie Hettie het ons vanoggend net na 06h30 gebel en om hulp gevra...sy het perongeluk oor haar Toypom-woefie gery, en ja Simba het ernstig seergekry.  Sy het hom toe maar in die kar gelaai en na die vearts toe gevat, wat bevestig het dat Simba se een longvlies geskeur het, sy maagwand heelwaarskynlik geskeur het en een van die bene in sy beken ook gebreek het.  Dit sou haar amper R4,000.00 om Simba vir 3 / 4 dae te laat opneem, en na vele trane het sy toe maar vanoggend besluit om hom eerder te laat uitsit, wat haar self 'n stewige R1,000.00 gekos het.  Ag shame, ek kry haar so jammer, asof sy dit ook nou nog op hierdie stadium nodig het, die ongeluk en hartseer het haar genoeg ge-terroriseer die laaste paar weke.
Nou ja, kom ons sien wat lewer die res van die week op!
UP, UP AND AWAY!