My drome, in die aand, vêr verwyder van realiteit, dis waar ek jou sien, tyd met jou deel. En al is dit onrealisties en net drome, bly die tyd wat ons daar saam kan spandeer kosbaar, want dit is al wat ek oorhet....drome en "memories".
Maar gister-aand was anders....ek het van jou gedroom, maar vir die eerste keer vandat jy weg is, was jy nie deel van my droom nie, jy was nie daar om mee te praat, vas te hou en te absorbeer nie...jy was...................weg....weg in my droom soos wat jy weg uit my lewe is....
Jou ma was daar, jou pa was daar, jou broer was daar, en saam het ons gepraat oor jy wat dood is en dit probeer aanvaar, maar ons kon nie, al wat ons kon doen was huil....
Kan dit wees dat ek na al die jare dit begin aanvaar, teen my sin natuurlik? Ek kan nie toelaat om dit te aanvaar nie, want as ek dit aanvaar is dit wat gaan gebeur....jy gaan weg...En weg is nie waar ek jou wil hê nie, weg was nog nooit vir ons die opsie gewees nie, maar............jy is net nie meer daar nie.
Tog ervaar ek jou in my drome, voel jou by my, sien jou in die weerkaatsing van my spieel, en koester dit, want dit is al wat ek het, herinneringe wat ek moet aanhou koester, anders gaan jy weg......
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.