Monday, August 2, 2010

Zhané : Geboorte

Mamma weet nie regtig wat om te sê nie, want ek glo nie ek het genoeg woorde om dit aan jou te kan beskryf nie...om te kan beskryf hoe pragtig, spesiaal en ongelooflik dit was nie...om my emosies te kan beskryf nie...om te kan beskryf hoe wonderlik dit was nie!
Al wat ek wel weet is dat ek nie genoeg kan dankie sê vir Liewe Jeses vir die wonderlike twee Biekie-Botha's wat Hy vir ons gegee het nie, want sonder Hom sou dit nie moontlik gewees het nie!
Jou geboorte is een van die wonderlikste ervarings in my lewe (saam met die dag wat ek vir pappa ontmoet het, die dag wat ek en pappa getrou het en die dag wat Hanco gebore is)
Maar ek gaan my bes probeer om jou geboorte vir jou so mooi en volledig as moontlik uit een te sit.

Ek kon nie die Sondag-aand voor jou geboorte aan die slaap raak nie, die opwinding was eenvoudig te veel en die emosies bietjie deurmekaar, so ek, pappa en ouma het eers daai Maandag-oggend na 2 in die bed gaan klim, net om weer vroeg op te staan om klaar te maak en als reg en gereed te kry vir die hospitaal.
Ons het vir boetie by die kleuterskool gaan aflaai en was so net na 9 by die hospitaal, waar ons by ontvangs gaan aanmeld het en die nodige toelatings gedoen het, waarna ons na die kraamsaal gegaan het.
Daar het die lang wag begin aangesien mamma se keiser eers vir 13h30 die middag geskeduleer was.
Ek het my groen hospitaal jurkie aangetrek en die susters het my drip en kateter kom insit, en teen 13h20 is ek na die teater toe gestoot, pappa en ouma het saam met my gegaan en saam met my gewag tot ek in die teater ingevat is.
Dit was bietjie skrikkerig vir mamma gewees, maar gelukkig was pappa elke oomblik by my gewees en my ondersteun, en dit het die wereldse verskil gemaak, want met pappa aan my sy, het ek geweet dat ek vir enige iets kans sien.
Dit narkotiseerder het my spinal gedoen en sommer amper dadelik het ek begin voel hoe my bene “aan die slaap raak”. Die teater-susters het begin om my magie skoon te was en reg te kry vir die operasie, en voor ek my oe kon uitvee het die dokter laat weet dat jy oppad is, pappa het opgespring en begin foto’s neem, en oomblikke later teen 13h50 het ek die wonderlikste, onbeskryfbaarste geluid gehoor – Jou eerste huil!
Dit het my sommer dadelik gerus gestel dat als ok is en dat jy volmaak en perfek is!
Pappa het jou vir my kom wys, waarna jy toe vir opserwasie gevat is, en terwyl dit gebeur het, het die dokters die nodige gedoen en vir mamma steke ingesit.
Daarna is ek terug gestoot na my kamer toe waar ek uiteindelik jou kon vashou en bewonder…jou vingers, jou neusie, jou tone, jou hele lyfie, alles was net eenvoudig 100% perfek gewees!
Ek en pappa kan nie ophou vir Liewe Jesus dankie se vir die wonderlike geskenkie wat Hy aan ons toevertrou het nie!

Jou foto wat deur die hospitaal geneem is :

http://www.netcare.co.za/live/netcare_content.php?Item_ID=121&BabyID=166380

Van die geluk-wense wat vir ons gestuur is :

Facebook :

http://www.facebook.com/#!/benita.botha?v=wall&story_fbid=128497943855427

OPM :

http://www.ourpreciousmoments.org/preggo-lounge-f8/all-the-best-benitab-t19207.htm

http://www.ourpreciousmoments.org/preggo-lounge-f8/benita-s-progress-t19236.htm

http://www.ourpreciousmoments.org/preggo-lounge-f8/benita-off-to-theatre-t19243.htm

http://www.ourpreciousmoments.org/preggo-lounge-f8/introducing-t19260.htm

http://www.ourpreciousmoments.org/preggo-lounge-f8/zhane-new-pic-t19271.htm

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.