Thursday, May 26, 2011
Being B, being a mom....
Although my blog is mainly Afrikaans, cause there is no better language to describe certain things than Afrikaans, I decided to do this post in English...
Ok, so it is 23h15, both kids finally asleep, after we struggled for about 2 hours to get H into bed, who complaint of ear-ache and sore legs, and I realized that as a mother, this is basically the only me-time I have. The only time to Facebook, bbm, bb-blog, read my Living & Loving mag, what ever.
I am one of those people who devote my whole being to being a mother and wife, there are few things in life just as, or more important to me than this. I thrive in placing my family above everything else and maintaining it that way.
Motherhood took me quite by surprise, as I was still fairly young (24) when I fell pregnant with H. None of our friends had kids, we were still basically newly-weds and have not even properly planned life ahead, never mind thinking of children...
But from the moment we met at birth, when he was placed on my chest, I knew this is where I was suppose to be.
And I enjoy every moment I have as a mother, and that is why we waited for almost 4 years before Z was born. I wanted to make sure that I was there for H in his first crucial years of development, he needed my undivided attention just as much as he needed our love.
And now, with him almost turning 5, he has developed into a smart, handsome, playful and loving little boy, with an imagination that is hard to put in words. He does not rely on us that much anymore, so I can shift my focus over to Z, who I might add, reached that very demanding stage of not being a baby anymore, but not yet a toddler...enough said
So with the blissful mid-night sounds of the tumble drier rumbling in the back ground, I lie in bed, bb in hand, and smile, cause the joys of motherhood does not only include the proud and happy moments, but also the difficult and daunting moments, the laughs and the tears. And I once again realize that I am truly blessed, that my quest in life is that of motherhood, and that I accept that quest with every loving fiber in my body, and that Being B, being me...is being a mother
Monday, May 23, 2011
Bugs en butterflies in die Biekie-bos
Daar is 'n geskarrel, daar is 'n geroer, mondtjies fluister...oortjies luister
In die Biekie-bos word daar beplan, gesoek en gedink, want daar gebeur een van die dae baie spasiale dinge in die Biekie-bos....
Jip, dit is amper Biekie-bouter se HEEL EERSTE verjaarsdag, en Biekie-Baba word amper 'n volle-handtjie VYF jaar oud!!Mamma-Biekie skarrel verboureerd rond, bekommerd dat sy nie betyds als gereël gaan kry nie, sy wil seker maak dat als presies reg is vir Biekie-bouter se verjaarsdag, al gaan sy nie veel onthou nie, bly dit steeds haar HEEL EERSTE verjaarsdag.
Mamma-Biekie het besluit om die hulp in te roep van goggas en bottervliegies, net om die spesiale dag so tikkie ekstra meer spesiaal te maak.
En na Biekie-bouter se vejaarsdag is dit amper Biekie-baba s'n. Mamma-Biekie kan hom seker nie meer Biekie-baba noem nie, aangesien hy amper 'n hele handtjie-vol vyf gaan word. Maar vir Biekie-Mamma sal hy altyd haar Biekie-baba bly. Hy was tog mos immers haar heel eerste Biekie!
En so deur al die geskarrel deur, kan Mamma-Biekie dit nie help om tog so bietjie stil te sit en verlore te raak in al die wonderlike gedagtes van haar Biekie's nie, want al bly hul haar Biekie's is sy sommer net biekie-baie lief vir hulle!
Monday, May 2, 2011
Wanneer is net nog een te veel?
Hoe kan als in 'n oogwink van 'n great aand saam met vriende en familie in 'n aand van choas verander?? Wanneer net nog een, een te veel word...
Wanneer "net nog een" die lewe van 'n onskuldige persoon in 'n oogwink verander, hul hele bestaan deurmekaar ruk, en verwoesting, hartseer, trane en verwyt agter gelaat word...
Wanneer die bande van jarelange vriendskappe beproef word en op die prys gestel word vir "net nog een"...
Wanneer onskuldige kinders aan die wrede monsters van die lewe moet blootgestel word en met onskuldige, maar tog vreesaanjaende ogies, na dit wat besig is om te ontvou, moet kyk...
Wanneer geld nie meer 'n prys het nie, net solank daai persoon wat seer het, gehelp kan word
Wanneer 'n mens so hulpeloos voel, maar tog als in jou vermoe doen om dinge net beter te maak, en net erens 'n beginpunt soek om al die skerwe bymekaar te maak en weer aanmekaar te sit...
Dit wat ek die naweek beleef het en moes deurmaak, wens ek niemand toe nie, dit is traumaties om die minste te se. Dit laat jou besef wie en wat in die lewe vir jou belangrik is en wat mens nie als sal doen om dit te beskerm nie.
Ek het nog nooit my ma so weerloos gesien soos wat ek die naweek gedoen het nie. Haar krete van hulp en pyn gaan by my vir die res van my lewe spook, dit gaan my nooit alleen los nie, dit gaan my nooit laat vergeet nie.
Die feit dat ek as ouer toegelaat het dat my kind aan sulke omstandighede blootgestel was, gaan my vir altyd laat wonder of ek as ouer nie my kind gevaal het nie...
Sy was en is onskuldig, sy het dit nie verdien nie, maar tog is sy vandag die een wat met die nagevolge daarvan sit, tog is sy die een wat in die koue hospitaalbed le en wag vir verdere nuus.
Ek wens ek kon dit als verhoed of vermy op een of ander stadium, wens ek was daar op daai presiese oomblik om haar te beskerm teen die seer. Maar ek kon nie...
Dit wat gebeur het, bly in my kop maal en maal, as ek stil word hoor ek dit, as ek my oe toemaak, sien ek dit. Ek kry nie ontsnap daarvan nie, die kloue van wreedheid klem my nog te styf vas.
Wanner is "net nog een" een te veel...

Saturday, April 16, 2011
BB blogging
Ok, so kom ons kyk of dit werk, first time for everything...
Sit vanaand by 'n b-day braai in Pretoria. Heerlik om weer terug te wees in Pretoria, maar ek voel ewe skielik stok-oud. Want 99% van die mense om my is studente of pas gegradueer. Chats van jool, vlotte en koshuise vul die lug. Jong verliefdes staar diep in mekaar se oë, verlore. Ek voel so half alleen, en ek mis my kids. Ek ken nie van vlot-bou of jool nie, en is steeds verlief, maar nie meer verlore. En alhoewel hierdie post op hierdie stadium vir my geen sin maak nie, net so maak die feit dat ek vanaand hier is, vir my ook geen sin nie.
Maar nou ja, my doel was om my bb-blogging te toets, so let's toast to that...

Tuesday, April 12, 2011
Zhané : Doop (03/04/2011)
Ons het jou op die 3de April 2011 laat doop. Alhoewel jy nog te klein is om te verstaan waaroor dit gaan en waarom ons dit doen, het mamma en pappa ‘n plig teenoor Liewe Jesus om jou so na aan Sy Woord as moontlik groot te maak, dit is basies ons manier om vir Hom dankie te sê vir die wonderlike voorreg wat ons gegun is om ‘n mamma en pappa te kan wees, en hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.Ouma Hettie het vir jou die mooiste moontlike rokkie gemaak, en jy het soos ‘n klein prinsessie in jou rok gelyk!
Ouma en Oupa Botha het van die Kaap af gekom vir jou doop (eintlik vir Oom Rayner se grade-plegtigheid, maar ten minste was hul hier om die groot dag saam met ons te kon vier). Hulle het vir die hele naweek by ons gekuier, en dit was so lekker dat hulle ook bietjie die kans kon kry om tyd saam met jou en boetie te spandeer. Ek is seker dat hulle julle sommer verskriklik baie mis

Oupa Deon het jou by die kerk ingedra, wat vir mamma trane in haar oë gegee het, dit was so great en spesiaal! Ek sou graag dat hy vir boetie ook die kerk kon indra met sy doop, maar dit is Oupa Hardus se voorreg gewees, oor dit die eerste kleinseun aan pappa se kant van die familie was. Maar gelukkig het Oupa Deon die keer ook ‘n beurt gekry.
Mamma en Pappa is so geseën om twee sulke wonderlike kinders soos jy en boetie in ons lewens te hê, ons kan ons nie 'n oomblik sonder julle indink nie en als wat ons doen, doen ons ter wille van julle, want julle verdien ons onverdeelde aandag en liefde, want julle is ons geluk, vreudge en seëninge!
Zhané : 9 Maande (28/03/2011)
Askuus my skat, mamma vra onverskoning dat ek bietjie laat is, maar dinge is maar bietjie choas die laaste ruk, maar hopenlik maak ek op met die een.
My liewe genade my Biekie-bouter, hoe vinnig gaan die tyd nie verby nie, en mamma kry deesdae so min kans om vir julle te skryf, dat dit my soms bietjie hartseer maak, want ek wil so graag elke denklike oomblik saam met my Biekie’s spandeer, maar dit nie altyd moontlik nie.
Jy het so baie gegroei en ontwikkel vandat ek laas vir jou geskryf het, jy sit al so mooi alleen, verken die wereld om jou met jou handtjies (en soms sommer met jou mondtjie ook), kan ure aaneen met jou boetie speel, maar het ook nou al geleer of vinnig jou stemmetjie harder te maak en met hom te “raas” as hy te veel aan jou karring. Jy steek al jou handtjies in die lug as een van ons naby genoeg kom om jou op te tel, en raak super opgewonde as jy ‘n bekende gesig raaksien.
Jou geluidtjies raak ook al hoe meer en meer, daar is al da-da-da, ta-ta-ta, na-na-na, la-la-la en ba-ba-ba. Jy maak ook deesdae sulke snaakse pap-bek-soentjies (wat Mark jou natuurlik geleer het).
En die beste van als…jy raak mobile! Ons sal dit nog nie regtig kruip nie, dit lyk meer soos ‘n mengsel tussen leopard crawl en soos ‘n wurm wat seil, want jy trek jou vorentoe met jou handtjies en stoot jouself dan met jou toontjies, tot jy kom waar jy wil. Ek moet ook erken, met die wat jy mobile raak moet ons 10 keer meer versigtig met jou wees, want jy het nou al 2 keer van mamma se bed afgeval en jou stamp soms jou mond / kop teen die goed soos wat jy balans verloor. Jy begin ook al om jouself teen die meubels op te trek en staan dan ewe trots vir die wereld en kyk.
En raai wat??!! Jy het jou eerste tand op 8 maande & 3 weke gesny!!!! En 2 daggies later het jy jou tweede tande gesny. Altwee tandtjies steek al so mooi uit, maar sodra ons ‘n foto probeer neem steek jy jou tandtjies met jou tongetjie weg….klein rakker
Friday, January 21, 2011
Waar trek ons nou…..
Dit is al meer as ‘n maand na my laaste blog, en soveel dinge het intussen gebeur. Ons bly nou amptelik in Meyerton, die trek was vinnig verby, dalk te vinnig na my sin, want toe ek my oe uitvee, toe moes ek totsiens se aan my geliefde Pretoria…en dit was moeilik. Ek het juis Pretoria toe getrek om myself te vind, groot te word, mens te word. Dis waar ek die liefde van my lewe ontmoet het, dis waar ons saam gegroei het, aan ons toekoms begin werk het, dis waar ons kiddies gebore is, dis waar ons goeie tye en slegte tye gehad het.
Pretoria was vir meer as 7 jaar diep ingewortel in my menswees en my bestaan, ek het die buzz van die stad ge-crave soos ‘n junkie sy volgende fix. Die dolle gejaag het perfek ingepas in die dolle warboel van my gedagtes, dit was een met my hartklop, deur my are gepols…
Nou is dit rustig, soms dalk net te rustig, hier bestaan nie iets soos verkeer nie, hier is dan nie eens een blerrie robot in hierdie dorp nie, for crying out loud, hier is dan nog flippen grondpaaie!
Maar as ek vir ‘n oomblik gaan sit en dink hoekom ek dit gedoen het, hoekom ek die stad opgeoffer het vir ‘n stofpad-dorp, sal ek dit enige tyd weer doen sonder om twee keer daaroor te dink. Ek het dit gedoen om die besluit wat my man geneem het, te ondersteun, om daar vir hom te wees, om hom te wys hoe trots ek regtig op hom is. Want sien, die besluit wat hy geneem het, was nie net vir homself nie, dit was vir ONS, vir ons as gesin gewees, vir ons toekoms!
Ek sal steeds lief bly vir Pretoria, vir sy liggies en sy pers Jakaranda strate, vir die geleenthede wat hy ons geoffer het, vir die memories wat hy ons gegun het, vir die pelle wat ons agter gelaat het, die laat-aand kuiers om die vuur, die geselsies by die hek saam met die bure….
Maar….laat ek my glas lig en ‘n heildronk instel op Meyerton, op die nuwe geleenthede wat le en loer, vir die nuwe vriende wat gemaak moet word, vir die nuwe, groter en exciting dinge wat vir ons le en wag….
En so, met ‘n skewe glimlag op my gesig, stap ek tussen die hoenders op die grondpad deur met ‘n stofreuk in my neus

Subscribe to:
Posts (Atom)