Kan nie glo hoe alles om my in 'n oogwink van vaal na groen verander het nie. Orals sien ek tekens dat lente uiteindelik hier is en dat die wereld daar buite weer besig is om die slaap uit sy oë te vee en sy pouvere reg te skid vir somer wat oppad is. Maar dit is asof September nie net die begin van lente aandui nie, dis asof September ook dieper betekenis het....'n nuwe begin, 'n nuwe lewe
Mag hierdie September ook 'n aanduiding wees dat ons nuwe begin aangebreek het, en dat ons die nuwe begin met volle vaart kan aanpak en 'n sukses daarvan maak. Wel ek glo ons sal, want met genoeg geloof en deursettingsvermoë is enige iets tog moontlik.
Ek het 'n moeilike naweek agter die rug, ons het Saterdag vir oupa gaan kuier, wat bed-lêend is agv van kanker. Pa wou graag gehad het dat hy vir Zhané sien, want jul weet nie hoe lank hy nog oorhet nie. Ek het vir meer as 'n week sit en top oor die kuier, want ek het nie geweet of ek kans sien daarvoor nie, ek het nie geweet of ek kans sien dat ou wonde weer van voor af oopgekrap word nie, wonde wat nog nie regtig behoorlik genees het nie. Maar so, ten spyte van al die twyfel, is ons Saterdag oggend vroeg uit die huis, oppad na pa toe, oppad na oupa toe.
Dit was moeilik om hom so te dien lê, half hulpeloos, afhanklik...en siek. Dit het my stil stil gebreek en elke oomblik daarvan was emosioneel uitputtend vir my gewees.
Maar wat my net soveel ontstel het is die feit dat ek nie 'n behoorlike gesprek met hom kon hê nie, want waaroor praat ons, hy was nooit regtig deel van ons lewens gewees nie, hy was nooit daar gewees nie.
Dit is net so blerrie moeilik!
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.