Guilm se e-mail (gedateer Sondag, 18 Oktober 2009 @ 5:54pm) verhelder my ogies vroeg vanoggend : "Haai Bokkie, Ek is lief vir jou en jy moet `n lekker week he."
Ek sit met 'n knop in my keel en trane in my oë en dink so half skuldig terug aan vanoggend toe Guilm se alarm net na 03h00 vanoggend die stilte verbreek, en my selfoon kort op sy hakke vir my begin skreeu.
Guilm moet opstaan en klaarmaak, hy vlieg weer Oos-Loden toe vandag, vir die hele week. Ek kon natuurlik nie weer aan die slaap raak nie, want ek het so gesukkel om Guilm uit die bed te kry dat ek daarna toe nou maar wakker was, en dis nie asof my man weet hoe om saggies klaar te maak in die oggende nie. Toe Guilm en Rayner uiteindelik lughawe toe ry, het my man natuurlik elke moontlike lig in die huis aangelos, so het ek maar op gestaan en al die ligte gaan afsit en weer gaan terugklim in die bed, met die hoop om dalk nog klein bietjie te slaap voor ek self moet opstaan en klaarmaak vir werk. Ek het net snoesig begin raak toe is dit Hanco se beurt om my slaap liederlik by die deur uit te jaag, so met die wat Rayner terug gekom het van die lughawe af, was ek al op en aan die gang, koffie reeds gemaak en badwater reeds ingetap.
Maar ek mis my man!
Dis 4 aande wat ek sonder hom op die bank gaan sit en TV kyk, dis 4 aande wat ek nie teen hom gaan kan opcuddle in die bed en letterlik onder sy blad inkruip voor ek aan die slaap raak nie, dis 4 oggende wat ek nie vir hom gaan kan broodtjies maak vir werk nie.
Ek haat dit om sonder om hom te wees, ek haat dit om so verlore te voel, ek haat dit as hy nie by die huis is nie!
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.