Tuesday, October 13, 2009

Poespas...

Dit is eintlik so nie die mooiste Afrikaanse woord waaraan ek nou kon dink nie, maar as ek reg onthou is dit 'n "Casper-de-Vries-woord" vir meer as net baie deurmekaar, en nou is dit ook nou sommer nog 'n "Benita-woord".
Poespas is ook die enigste woord wat ek ken wat my gedagtes die mees akuraatste beskryf...dink dit is dalk een van die nadele van ADHD of iets, because it is never ending!  Dit is asof my brein nie weet wanneer om te stop en asem te haal nie.
Ek het ook al agter gekom dat ek nie meer so baie praat soos toe ek 5 of 6 was nie, want meeste gesprekke vind binne my kop plaas net om my brein konstruktief besig te hou...want ledigheid is mos die duiwel se oorkussing, of so het my ouma altyd gesê...
Ek dink (en dis nie net soms nie, maar altyd), te veel oor alles, ek kan nie impulsief besluite neem nie, dit is net nie moontlik nie, daar bestaan ook nie so iets in my wereld soos impulsiewe besluite nie, die feit dat ek 'n Weegskaal is, maak dit ook nie veel makliker nie.  Dinge moet deeglik beplan en uiteengesit word, met skedules, begrotings en "pie chart" (net om seker te maak).
Om die kersie op te koek te sit, het ek nog fietertjies ook, allerhande sulke klein gewoontekies waarvan ek net nie kan ontslae raak nie :
  • Die klere in my kas word volgens kleur gehang, van wit na swart;
  • As ek skoene koop waarvan ek die boks saam met die skoene kry, word die skoene net so in hul boks in my kas gebere;
  • My onderklere mag nie meng nie;
  • Moet nie vra om 'n happie van enige iets by my te vat en te verwag dat jy my lepel, mes of vurk gaan gebruik nie, gaan kry jou eie!
  • En daar is nog vele meer..
Ek lees in die Sarie van die tannie wat se blog 'n gereelde instelling in die tydskrif geword het.  Ek wens ek het ook die vermoë gehad om met woorde vir mense 'n prentjie te skilder van my warboel, maar ek kan nie, dis te moeilik, want my kop is te besig en my woorde veels te min.

Daar was 'n stadium wat ek my gevoelens en emosies in 'n boek neer geskribbel het, maar na ek my beste vriend aan Kanker verloor het, het die pyn en seer net te groot vir my geword om woorde daarvoor te vind, en ek het net eendag my pen neergesit om nooit weer op te tel nie, ek kon nie, ek wou nie....

Maar tog voer ek daagliks met almal oor alles gesprekke in my kop, want dit is waar ek kan baklei en redeneer, sonder om die verkeerde goed te sê (ek het mos sulke voet-in-die-mond-oomblikke), sonder om seer te maak met dit wat ek sê.  Ek weet nie altyd of dit goed of sleg is nie, want soms vergeet ek om letterlik met daai mense te gesels, wat ook nie altyd so wat wonders is nie.

Ek spot altyd deur te sê dat as hubby na my toe kom en sê : "Ek het gedink...", dan moet ek weet dit gaan ons geld kos, maar ek sal nie na hom toe kan stap met dieselfde woorde nie, want wat antwoord ek as hy vra waaroor : "Niks, alles, sommer net silly klein goedtjies".  Hy gaan dink dat nie al my varkies op hok is nie...ha ha!

Maar tog help my gesprekke my tog op 'n manier, dit help my redeneer oor dinge, dit help my om my gevoelens uit te sorteer, dit help my rustiger raak, dit help my fokus....it helps me being B!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.