Voel al die laaste paar dae nie baie lekker nie, snaakse naar holkol op my maag, effens duislig en moeg, en was vanoggend naar. Het toe maar na ek vir Boeta by die dagmoeder gaan aflaai het, 'n draai by die Apteek gaan maak om die alombekende "toetsie" te gaan koop (Sommer die Twin-pack gevat, mens kan nooit te seker maak nie).
By die huis aangekom het ek die badkamer, met broek reeds op die kniee, ingestorm om die toets te doen..........
Daar was niks...sug....steeds niks
Ek het so half gehoop dat ek seker was dat daar wel iets sou wees, maar nie die keer nie.
Het vir hubby laat weet en toe maar via Skype my hart by Monzelle uitgepraat, wat meer gehelp het as wat ek gedink het dit sou doen...DANKIE MONZ!
Dit is al maand 2 dag 13, en daar is steeds niks, ek het vinniger swanger geraak met Hanco, en dit was sonder enige beplanning.
En ja, ek weet ek het gesê dat ek nie regtig nog 'n baba wil hê of kans sien vir twee kinders nie, maar toe ek die vreuge en opgewondenheid in hubby se oë sien as mens praat van nog 'n baba, het ek besef dat dit eintlik als die moeite werd gaan wees op die ou einde van die dag.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.