Friday, September 18, 2009

...Tyd...????

Tyd beteken so baie, maar gaan verby so vinnig...
Tyd is so groot faktor in ons lewens, tyd genees alle wonde en "only time will tell"

Daar het soveel dinge die laaste paar weke gebeur wat my weer bietjie terug geruk het op my kniee en my laat besef het wat eintlik vir my belangrik is.
So het ons uitgevind C & M is besig om te skei, wat 'n skok! Weet nie regtig wat om te sê en hoe om dit te benader nie, want ons het besluit om nie kante te kies nie aangesien albei ons pelle is. Dit bring weer "memories" van my ma-hulle se egskeiding terug en ek besef hoe hard mens eintlik aan 'n huwelik moet werk en dat sonder God se genade dit net onmoontlik is om 'n "perfekte huwelik" te hê. So probeer ons maar troos en die nodige ondersteuning bied.

Verder het ons uitgevind dat A met MS (Multiple scleroses) gediagnoseer is. Ek het dit gaan opsoek op Wikepedia (want wat ek daarvan weet is meer lewensgevaarlik as wat die siekte self dalk mag wees), en oor ek nie weet hoe om die nuus te hanteer nie, aangesien ek nog nooit met MS te doen gehad het nie. Maar dit bring ook vir my effe hartseer terug, want gaan ek haar ook verloor soos wat ons vir Hennie verloor het na hy nie die stryd teen kanker kon oorwin nie, gaan ek nog 'n pel moet groet...

Sien, dis hier waar "tyd" inkom, want "Only time will tell"
Tyd sal vir M & C die nodige antwoorde kan gee, met tyd sal ons leer hoe om A se MS te hanteer, en tyd sal eendag al my wonde ook kan genees....

Maar dan is daar die ander aspek waar tyd nou sy kop begin uitsteek, tyd vir nog 'n baba....
Is ek reg daarvoor, is ons reg daarvoor, is Hanco reg daarvoor? Met al die duisende dinge wat in my kop rondmaal, al die vrese, al die onsekerheid, is daar net een ding wat glashelder vir my is :
Net tyd sal leer...