Monday, November 23, 2009

Alweer, nogsteeds, defnitief....

Ok, so dit is defnitief beslis, Boontjie Botha is oppad! Jip, die sonar op die 12de November 2009 het als bevestig, dat ons wel swanger is en dat dit op daai stadium 5 weke en 5 dae was (trek nou al by 7 weke en 2 dae).  Maar tog in 'n mate voel dit nogsteeds nie vir my werklik nie, behalwe vir die feit dat ek so siek is dat ek nie behoorlik kan eet nie, want niks bly binne nie!

Daar is eintlik soveel om te vertel dat ek nie regtig weet waar om te begin nie.?.?.?.?

Kom ons begin by hubby : Hy is eenvoudig net die beste! Vandat ons uitgevind het ek is swanger is dit asf ek 'n nuwe man het, hy dra my op sy hande, ek kon nie vir beter ondersteuning gevra het nie!!

Hanco raak nou net te blerrie oulik, het deesdae hierdie ding wat hy sy gesiggie op die cuteste maniere trek as hy bv. iets vra of iets gevra word of hy verstaan iets nie lekker nie, kan hom opvreet elke keer as hy dit doen.  Ons het hom probeer verduidelik dat daar nou 'n nuwe baba in my maag is, maar ek dink nie hy verstaan die hele konsep regtig nie, ek dink hy herhaal maar net nog op hierdie stadium wat ons hom vertel het.  En dan het hy my regtig nou die dag gevra hoekom ek die baba ingesluk het, aangesien die baba dan nou in my maag is! Hie hie, dit was vrek snaaks!

Dan is daar die nuwe baba wat oppad is, en om eerlik te wees, ek weet nog nie heeltemal of ek vrek bang of vrek opgewonde daaroor is nie.  Dit voel regtig vir my of ek weer heeltemal van voor af vir die eerste keer swanger is.  En dit voel steeds vir my of ons dalk nog bietjie langer met nommer 2 moes wag, maar baba se "due date" is Julie 2010 en Hanco word 4 in Augustus 2010, so daar is alreeds 'n 4 jaar ouderdomsverskil tussen die 2, wat vir my nie te bad is nie, nie te kort op mekaar of te vêr uitmekaar uit nie.

Dalk voel als maar net vir my so deurmekaar op hierdie stadium, en sal als nog rustig op hul tyd in plek val, ek moet net vasbyt en elke oomblik daarvan geniet, alhoewel daar nie veel op hierdie stadium is om te geniet nie, want van Saterdag af sukkel ek redelik om enige vorm van kos in te hou, ek het nie net "morning sickness" nie, ek het "all day bloody sickness" en dit is besig om my stelselmatig onder te kry, want ek bly siek, kan niks eet nie, en as ek wel waag om iets te eet, kom dit net weer so uit, sjoe, dis bad en dis aaklig en ek haat dit om so te voel.

Wel, ten minste het ek iets anders om na uit te sien :
-  Ons volgende scan die 17de Desember 2009;
-  Ons gaan see toe vanaf die 19de Desember 2009 tot en met die 5de Januarie 2010! 
    Kan nie meer wag om met my toontjies in die sand te sit en speel nie!!!
-  En dis amper KERSFEES!!!

Monday, November 9, 2009

Drome....

Dalk soms, net soms word drome vinniger waar as wat mens dink....
Was die laaste twee maande op die ovulasie-calculator (aangesien ons probeer vir nommer 2), teen maand 2 dag 28 (30/10/2009) het nog niks gebeur nie, en het toe maar besluit om 'n tuis-toetsie te doen, en KABOOM!!! daar is 2 lyntjies.  Ek het gedog dat ek my dit half verbeel en het toe weer op Sondag (01/11/2009) nog een gedoen, en weer eens was daar twee lyntjies.  Ek en hubby het besluit dat ek maar daai Maandag (02/11/2009) sal gaan vir bloedtoetse, al vlieg hy weer daai Maandag-oggend vir die week Kaap toe.  Was tydens my etensuur by die dokter vir bloedtoetse, 6liter bloed en een helse gat in my arm later (en ja, dit is hoe dit vir my gevoel het!), sit ek angstig en wag vir die oproep. 
Teen 17h05 kon ek dit nie meer hou nie, en bel die dokter se spreekkamers....net om te hoor dat my bloedtoetse negatief is, die beta telling is 0.9!!!!  Ek het die hele Maandag-aand by die huis spandeer in trane, kon net nie ophou huil nie, ons was dan so seker.
Teen Vrydag (06/11/2009) en nadat "Liewe Tannie" missing in action is vir al meer as 7 dae, het ons weer 'n toets gedoen, en weereens was dit positief, ek het summier besluit dat ek 'n afspraak by die Ginekoloog gaan maak.
So, nou ja, "Liewe Tannie" is al vir 10 dae uitstedig en ons eerste afspraak by die Ginekoloog is gebook vir die 12de November 2009.
Tans weet niemand (behalwe selected few) van ons vermoede nie, sal eers al die vriende en familie laat weet as die Ginekoloog als vir ons 100% bevestig het.
Is ek opgewonde? Om eerlik te wees, weet ek nog nie of ek opgewonde is oor die idee nie.  Ek is een van daai wat eers 'n ding moet sien, voor ek dit kop, so miskien sal als werklik word met die eerste sonar.....

Thursday, October 29, 2009

met 'n pouveer in my hoed

"Sy" is deesdae by amper elke kruising te sien, daar waar sy met haar kiddie aan haar sy staan.  Soms met 'n vriendelik glimlag, en soms probeer sy maar ongesien verby jou kyk terwyl jy haastig besig is om jou neus in die lug te gooi en die kar se ruit toe te maak....
Maar maak dit regtig saak of sy daar staan oor sy MOET en of sy dit doen "net-vir-sommer"?

Mag sy weer glo in geluk?
Mag sy weer glo in goedheid?
Mag die son vir haar weer skyn?
Mag ons oordeel en is ons verhewe?

En dan onthou ek die post-it in my Bybel by die teksvers wat my elke dag onthou dat soos wat Hy vir die mossies sorg, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons, Sy kinders, sorg nie!


Dus begin ek stadig om al die free-be's in my Sarie's, Rooi Rose & Baba en Kleuter's bymekaar te maak, saam met al die "toys" wat boeta elke keer by die Kits-kos Restaurante kry (hy het defnitief nie albei van alles nodig net sodat dit teen morê-aand verlore en verlate die hele huis kan vol lê nie).  Ek wil dit graag vir haar gee, want net vir sommer!
 
.....Mag die mossie, al is dit net vir een enkelle oomblik soos 'n spoggerige pou voel.....


Monday, October 19, 2009

Hubby travel alweer

Guilm se e-mail (gedateer Sondag, 18 Oktober 2009 @ 5:54pm) verhelder my ogies vroeg vanoggend : "Haai Bokkie, Ek is lief vir jou en jy moet `n lekker week he."
Ek sit met 'n knop in my keel en trane in my oë en dink so half skuldig terug aan vanoggend toe Guilm se alarm net na 03h00 vanoggend die stilte verbreek, en my selfoon kort op sy hakke vir my begin skreeu.
Guilm moet opstaan en klaarmaak, hy vlieg weer Oos-Loden toe vandag, vir die hele week.  Ek kon natuurlik nie weer aan die slaap raak nie, want ek het so gesukkel om Guilm uit die bed te kry dat ek daarna toe nou maar wakker was, en dis nie asof my man weet hoe om saggies klaar te maak in die oggende nie.  Toe Guilm en Rayner uiteindelik lughawe toe ry, het my man natuurlik elke moontlike lig in die huis aangelos, so het ek maar op gestaan en al die ligte gaan afsit en weer gaan terugklim in die bed, met die hoop om dalk nog klein bietjie te slaap voor ek self moet opstaan en klaarmaak vir werk.  Ek het net snoesig begin raak toe is dit Hanco se beurt om my slaap liederlik by die deur uit te jaag, so met die wat Rayner terug gekom het van die lughawe af, was ek al op en aan die gang, koffie reeds gemaak en badwater reeds ingetap.
Maar ek mis my man! 
Dis 4 aande wat ek sonder hom op die bank gaan sit en TV kyk, dis 4 aande wat ek nie teen hom gaan kan opcuddle in die bed en letterlik onder sy blad inkruip voor ek aan die slaap raak nie, dis 4 oggende wat ek nie vir hom gaan kan broodtjies maak vir werk nie. 
Ek haat dit om sonder om hom te wees, ek haat dit om so verlore te voel, ek haat dit as hy nie by die huis is nie!

Thursday, October 15, 2009

Rondte nommer 2

Voel al die laaste paar dae nie baie lekker nie, snaakse naar holkol op my maag, effens duislig en moeg, en was vanoggend naar.  Het toe maar na ek vir Boeta by die dagmoeder gaan aflaai het, 'n draai by die Apteek gaan maak om die alombekende "toetsie" te gaan koop (Sommer die Twin-pack gevat, mens kan nooit te seker maak nie).
By die huis aangekom het ek die badkamer, met broek reeds op die kniee, ingestorm om die toets te doen..........
Daar was niks...sug....steeds niks
Ek het so half gehoop dat ek seker was dat daar wel iets sou wees, maar nie die keer nie.
Het vir hubby laat weet en toe maar via Skype my hart by Monzelle uitgepraat, wat meer gehelp het as wat ek gedink het dit sou doen...DANKIE MONZ!
Dit is al maand 2 dag 13, en daar is steeds niks, ek het vinniger swanger geraak met Hanco, en dit was sonder enige beplanning.
En ja, ek weet ek het gesê dat ek nie regtig nog 'n baba wil hê of kans sien vir twee kinders nie, maar toe ek die vreuge en opgewondenheid in hubby se oë sien as mens praat van nog 'n baba, het ek besef dat dit eintlik als die moeite werd gaan wees op die ou einde van die dag.

Tuesday, October 13, 2009

Poespas...

Dit is eintlik so nie die mooiste Afrikaanse woord waaraan ek nou kon dink nie, maar as ek reg onthou is dit 'n "Casper-de-Vries-woord" vir meer as net baie deurmekaar, en nou is dit ook nou sommer nog 'n "Benita-woord".
Poespas is ook die enigste woord wat ek ken wat my gedagtes die mees akuraatste beskryf...dink dit is dalk een van die nadele van ADHD of iets, because it is never ending!  Dit is asof my brein nie weet wanneer om te stop en asem te haal nie.
Ek het ook al agter gekom dat ek nie meer so baie praat soos toe ek 5 of 6 was nie, want meeste gesprekke vind binne my kop plaas net om my brein konstruktief besig te hou...want ledigheid is mos die duiwel se oorkussing, of so het my ouma altyd gesê...
Ek dink (en dis nie net soms nie, maar altyd), te veel oor alles, ek kan nie impulsief besluite neem nie, dit is net nie moontlik nie, daar bestaan ook nie so iets in my wereld soos impulsiewe besluite nie, die feit dat ek 'n Weegskaal is, maak dit ook nie veel makliker nie.  Dinge moet deeglik beplan en uiteengesit word, met skedules, begrotings en "pie chart" (net om seker te maak).
Om die kersie op te koek te sit, het ek nog fietertjies ook, allerhande sulke klein gewoontekies waarvan ek net nie kan ontslae raak nie :
  • Die klere in my kas word volgens kleur gehang, van wit na swart;
  • As ek skoene koop waarvan ek die boks saam met die skoene kry, word die skoene net so in hul boks in my kas gebere;
  • My onderklere mag nie meng nie;
  • Moet nie vra om 'n happie van enige iets by my te vat en te verwag dat jy my lepel, mes of vurk gaan gebruik nie, gaan kry jou eie!
  • En daar is nog vele meer..
Ek lees in die Sarie van die tannie wat se blog 'n gereelde instelling in die tydskrif geword het.  Ek wens ek het ook die vermoë gehad om met woorde vir mense 'n prentjie te skilder van my warboel, maar ek kan nie, dis te moeilik, want my kop is te besig en my woorde veels te min.

Daar was 'n stadium wat ek my gevoelens en emosies in 'n boek neer geskribbel het, maar na ek my beste vriend aan Kanker verloor het, het die pyn en seer net te groot vir my geword om woorde daarvoor te vind, en ek het net eendag my pen neergesit om nooit weer op te tel nie, ek kon nie, ek wou nie....

Maar tog voer ek daagliks met almal oor alles gesprekke in my kop, want dit is waar ek kan baklei en redeneer, sonder om die verkeerde goed te sê (ek het mos sulke voet-in-die-mond-oomblikke), sonder om seer te maak met dit wat ek sê.  Ek weet nie altyd of dit goed of sleg is nie, want soms vergeet ek om letterlik met daai mense te gesels, wat ook nie altyd so wat wonders is nie.

Ek spot altyd deur te sê dat as hubby na my toe kom en sê : "Ek het gedink...", dan moet ek weet dit gaan ons geld kos, maar ek sal nie na hom toe kan stap met dieselfde woorde nie, want wat antwoord ek as hy vra waaroor : "Niks, alles, sommer net silly klein goedtjies".  Hy gaan dink dat nie al my varkies op hok is nie...ha ha!

Maar tog help my gesprekke my tog op 'n manier, dit help my redeneer oor dinge, dit help my om my gevoelens uit te sorteer, dit help my rustiger raak, dit help my fokus....it helps me being B!

Thursday, October 8, 2009

I just haven't met you yet.....

I are, I is...I am
I am confused....I am emotional....I am mad

I'm feeling a bit lonely today!

Dit voel of ek weer net in 'n hoekie kan sit en my oë kan uithuil!  Ek haat dae soos die! (Ok, om eerlik te wees voel ek vir meer as 'n week al so)

Het baie lus gehad vanoggend om hubby met elke beskikbare pot en pan in my kombuis, mee te gooi!  Hy het weer sy "most famous" Hit-&-Run routine gedoen (dis nou waar hy wakker word, opstaan, klaarmaak vir werk in sy kar klim en ry en my met die res los), en dan het hy ook nou nog die guts gehad om my vanoggend te vra of EK onthou het om sy broek wat hy wil aantrek vandag, in die tuimeldroër gegooi het...WTF?????  Doen dit self!

Miskien sal die maandelikse "koffie-date" saam  met die girls my beter laat voel en bietjie tyd gee om te ontspan en weer beheer oor myself te kry

Thursday, October 1, 2009

VERY MERRY HAPPY B-DAY TO ME!

OK, om presies 06h00 vanoggend het ek amptelik 28 geword!  Hubby het al sommer gister-aand begin om my tot in die afgrond in te bederf en Hanco kon nie wag om die geskenkpapier van my geskenk af te ruk en dit namens my oop te maak nie.
Maar toe ek vanoggend wakker word het ek net weereens besef hoe gelukkig ek eintlik is en hoe perfek my lewe regtig is!  Ek het 'n wonderlike hubby en die mees kosbaarste biekie-baba waarvoor ek ooit kon vra en droom, albei vir wie ek liewer is as die lewe self!
Ek het 'n wonderlike familie en vriendegroep en my lewe kon net nie beter gewees het nie!
Vir al hierdie wonderlike dinge in my lewe het ek net die Liewe Vader om voor te dank, want sonder Hom sou niks van dit moontlik gewees het nie.  Hy het my hele lewe beplan nog voor ek gebore was, en Hy het geweet dat als wat Hy op my pad plaas, net reg is!
En met elke tree wat ek gee, is Hy reg daar langs my.
My dae is gevul met liefde, vreugde, vrede, blydskap en soveel seëninge.
Sal ek ooit genoeg kan dankie sê aan ons Hemelse Vader?!

Friday, September 18, 2009

...Tyd...????

Tyd beteken so baie, maar gaan verby so vinnig...
Tyd is so groot faktor in ons lewens, tyd genees alle wonde en "only time will tell"

Daar het soveel dinge die laaste paar weke gebeur wat my weer bietjie terug geruk het op my kniee en my laat besef het wat eintlik vir my belangrik is.
So het ons uitgevind C & M is besig om te skei, wat 'n skok! Weet nie regtig wat om te sê en hoe om dit te benader nie, want ons het besluit om nie kante te kies nie aangesien albei ons pelle is. Dit bring weer "memories" van my ma-hulle se egskeiding terug en ek besef hoe hard mens eintlik aan 'n huwelik moet werk en dat sonder God se genade dit net onmoontlik is om 'n "perfekte huwelik" te hê. So probeer ons maar troos en die nodige ondersteuning bied.

Verder het ons uitgevind dat A met MS (Multiple scleroses) gediagnoseer is. Ek het dit gaan opsoek op Wikepedia (want wat ek daarvan weet is meer lewensgevaarlik as wat die siekte self dalk mag wees), en oor ek nie weet hoe om die nuus te hanteer nie, aangesien ek nog nooit met MS te doen gehad het nie. Maar dit bring ook vir my effe hartseer terug, want gaan ek haar ook verloor soos wat ons vir Hennie verloor het na hy nie die stryd teen kanker kon oorwin nie, gaan ek nog 'n pel moet groet...

Sien, dis hier waar "tyd" inkom, want "Only time will tell"
Tyd sal vir M & C die nodige antwoorde kan gee, met tyd sal ons leer hoe om A se MS te hanteer, en tyd sal eendag al my wonde ook kan genees....

Maar dan is daar die ander aspek waar tyd nou sy kop begin uitsteek, tyd vir nog 'n baba....
Is ek reg daarvoor, is ons reg daarvoor, is Hanco reg daarvoor? Met al die duisende dinge wat in my kop rondmaal, al die vrese, al die onsekerheid, is daar net een ding wat glashelder vir my is :
Net tyd sal leer...

Tuesday, March 31, 2009

Hier's ek weer...

How time can fly, even when your not having fun...!
Soveel dinge gebeur elke minuut van elke dag, sommige van dit raak ons in geen aspek nie, en ander verander die hele spilpunt van ons menswees, verander ons perspektief en verander selfs dit wat ons uniek maak. Dit hang van jou as mens af wat jy met die verandering doen en hoe jy dit hanteer.
Daar was soveel dinge waarmee ek die laaste ruk geworstel het : opinies, vriendskap, verhoudings en liefde....
Dink ek het laas so geworstel toe ek moes besluit of my ma-hulle se egskeiging goed of sleg was...

...Die res los ek maar vir later...

Wednesday, February 18, 2009

Intro

To blog or not to blog...
Verby is die dae wat jy skelm in jou dagboek skryf en onder jou kopkussing bêre, nou blog jy en almal kan dit lees, be brave, be daring, 2 be me!
En skielik voel dit asof die gedig "Was ek maar 'n digter" spesiaal vir my geskryf was, want I need to let the creative juices flow...maar eintlik wil ek maar net die gesprekke wat daagliks in my kop plaasvind in woorde omsit (dalk help dit my minder malkoppie voel) en ek raak beslis nou te lui om dit elke keer in my dagboek neer te skribbel, kan in elk geval na 'n week nie meer my eie handskrif lees nie.
So moontlik is diè die begin van vele goeie dinge!