Monday, November 23, 2009

Alweer, nogsteeds, defnitief....

Ok, so dit is defnitief beslis, Boontjie Botha is oppad! Jip, die sonar op die 12de November 2009 het als bevestig, dat ons wel swanger is en dat dit op daai stadium 5 weke en 5 dae was (trek nou al by 7 weke en 2 dae).  Maar tog in 'n mate voel dit nogsteeds nie vir my werklik nie, behalwe vir die feit dat ek so siek is dat ek nie behoorlik kan eet nie, want niks bly binne nie!

Daar is eintlik soveel om te vertel dat ek nie regtig weet waar om te begin nie.?.?.?.?

Kom ons begin by hubby : Hy is eenvoudig net die beste! Vandat ons uitgevind het ek is swanger is dit asf ek 'n nuwe man het, hy dra my op sy hande, ek kon nie vir beter ondersteuning gevra het nie!!

Hanco raak nou net te blerrie oulik, het deesdae hierdie ding wat hy sy gesiggie op die cuteste maniere trek as hy bv. iets vra of iets gevra word of hy verstaan iets nie lekker nie, kan hom opvreet elke keer as hy dit doen.  Ons het hom probeer verduidelik dat daar nou 'n nuwe baba in my maag is, maar ek dink nie hy verstaan die hele konsep regtig nie, ek dink hy herhaal maar net nog op hierdie stadium wat ons hom vertel het.  En dan het hy my regtig nou die dag gevra hoekom ek die baba ingesluk het, aangesien die baba dan nou in my maag is! Hie hie, dit was vrek snaaks!

Dan is daar die nuwe baba wat oppad is, en om eerlik te wees, ek weet nog nie heeltemal of ek vrek bang of vrek opgewonde daaroor is nie.  Dit voel regtig vir my of ek weer heeltemal van voor af vir die eerste keer swanger is.  En dit voel steeds vir my of ons dalk nog bietjie langer met nommer 2 moes wag, maar baba se "due date" is Julie 2010 en Hanco word 4 in Augustus 2010, so daar is alreeds 'n 4 jaar ouderdomsverskil tussen die 2, wat vir my nie te bad is nie, nie te kort op mekaar of te vêr uitmekaar uit nie.

Dalk voel als maar net vir my so deurmekaar op hierdie stadium, en sal als nog rustig op hul tyd in plek val, ek moet net vasbyt en elke oomblik daarvan geniet, alhoewel daar nie veel op hierdie stadium is om te geniet nie, want van Saterdag af sukkel ek redelik om enige vorm van kos in te hou, ek het nie net "morning sickness" nie, ek het "all day bloody sickness" en dit is besig om my stelselmatig onder te kry, want ek bly siek, kan niks eet nie, en as ek wel waag om iets te eet, kom dit net weer so uit, sjoe, dis bad en dis aaklig en ek haat dit om so te voel.

Wel, ten minste het ek iets anders om na uit te sien :
-  Ons volgende scan die 17de Desember 2009;
-  Ons gaan see toe vanaf die 19de Desember 2009 tot en met die 5de Januarie 2010! 
    Kan nie meer wag om met my toontjies in die sand te sit en speel nie!!!
-  En dis amper KERSFEES!!!

Monday, November 9, 2009

Drome....

Dalk soms, net soms word drome vinniger waar as wat mens dink....
Was die laaste twee maande op die ovulasie-calculator (aangesien ons probeer vir nommer 2), teen maand 2 dag 28 (30/10/2009) het nog niks gebeur nie, en het toe maar besluit om 'n tuis-toetsie te doen, en KABOOM!!! daar is 2 lyntjies.  Ek het gedog dat ek my dit half verbeel en het toe weer op Sondag (01/11/2009) nog een gedoen, en weer eens was daar twee lyntjies.  Ek en hubby het besluit dat ek maar daai Maandag (02/11/2009) sal gaan vir bloedtoetse, al vlieg hy weer daai Maandag-oggend vir die week Kaap toe.  Was tydens my etensuur by die dokter vir bloedtoetse, 6liter bloed en een helse gat in my arm later (en ja, dit is hoe dit vir my gevoel het!), sit ek angstig en wag vir die oproep. 
Teen 17h05 kon ek dit nie meer hou nie, en bel die dokter se spreekkamers....net om te hoor dat my bloedtoetse negatief is, die beta telling is 0.9!!!!  Ek het die hele Maandag-aand by die huis spandeer in trane, kon net nie ophou huil nie, ons was dan so seker.
Teen Vrydag (06/11/2009) en nadat "Liewe Tannie" missing in action is vir al meer as 7 dae, het ons weer 'n toets gedoen, en weereens was dit positief, ek het summier besluit dat ek 'n afspraak by die Ginekoloog gaan maak.
So, nou ja, "Liewe Tannie" is al vir 10 dae uitstedig en ons eerste afspraak by die Ginekoloog is gebook vir die 12de November 2009.
Tans weet niemand (behalwe selected few) van ons vermoede nie, sal eers al die vriende en familie laat weet as die Ginekoloog als vir ons 100% bevestig het.
Is ek opgewonde? Om eerlik te wees, weet ek nog nie of ek opgewonde is oor die idee nie.  Ek is een van daai wat eers 'n ding moet sien, voor ek dit kop, so miskien sal als werklik word met die eerste sonar.....