Tuesday, June 28, 2011

Zhané : Jou HEEL EERSTE Biekie-birthday!


Jy is 'n volle een jaar oud vandag!! Jy het vanoggend al dansend en wiegend op die bed gesit terwyl "Veels geluk liewe maatjie, omdat jy verjaar" se skewe note deur die kamer baljaar het.  Jip, jy is 'n drama-queen van formaat en het defnitief die aandag geniet, jy het ook ewe kordaat "ja" met jou koppie geknik toe jy gevra word of dit jou verjaarsdag vandag is, so asof jy presies verstaan waaroor als gaan, wat my eintlik nie sal verbaas nie.
Jy het al soveel mylpale behaal, en jy doen dit moet soveel entoesiasme en ywer, dat ek soms stilstaan en met verbasing jou aanstaar, want jy is eenvoudig net amazing!
Jy kan al op jou eie staan, en het al so een of twee treetjies aangedurf, maar nog nie veel meer as dit nie.  Jy begin ook al hoe meer en meer woordtjies kaf draf, soos : da-da, ma-ma, ba-ba, dans-dans, seun
Ons het vir jou laat oorbelle inskiet op jou 11-maande herdenking, en dit lyk te skattig, en gelukkig pas skattig by skattig, want ja, jy is skattig!
Hoop jy het jou daggie geniet, en mag jy net nog meer ons lewens met lag, plesier, vreugde en vrede vul, want om jou en boetie as my Biekies te hê is voorwaar my trotste oomblikke in die lewe!
Liefies jou my liewe, lawwe Biekie-bouter!