Monday, January 11, 2010

Liewe genade.....

Ek weet nie eens regtig waar of met wat om te begin nie.  Als was en is net so besig, bedrywig en deurmekaar!  Dalk moet ek met dit wat nou gebeur begin e later terug gaan na die res....
My biekie-baba is nie meer so baba soos wat ek hom nog graag sou wou gehad het nie, hy is Woensdag Kleuterskool toe!  Ek kon nie glo dat die tyd al aangebreek het daarvoor nie, ek kon glad nie Woensdag oggend my emosies in toom hou nie en het al gehuil nog voor ons weer terug in die kar kon klim! (Gelukkig het hubby saam gegaan en kon ek op sy skouer huil) 
En om dinge nog erger te maak het ons Hanco van die kot na die enkel-bed geskuif (want die kot moet nou gebere word vir nommer 2), als is oorgetrek met nuwe "Ben 10" beddegoed en hy is heel in sy skik om elke aand in die bed te slaap (en het tot dusvêr toe nog net eenkeer uit die bed geval terwyl hy slaap).
Dit is regtig skrikwekkend as mens besef hoe vinnig tyd regtig verby gaan, oor 3 jaar gaan my biekie-baba al Laerskool toe en oor minder as 24 weke word ons vir 'n tweede keer mamma & pappa!
Wat die swangerskap aanbetref : Was Saterdag 14 weke swanger en dinge gaan eintlik heel goed, het nie regtig meer klagtes nie, nie naargeid is verby (meeste van die tyd) en die magie begin nou al redelik wys, alhoewel hy heeltemal anders lyk as toe ek swanger was met Hanco.  Nog nie regtig vir baba voel beweeg nie en glo en vertrou elke dag dat als nog 100% is.  Ons gaan volgende week vir ons volgende scan, dan sal ons darem kan sien hoe baba gegroei en gevorder het...kan nie wag nie!
Het laas week met 'n skok besef dat ons nog net 24 weke oor het voor baba hier is en dat ek nog niks vir baba gekoop het nie!  Moet my bas in rat kry en begin shop!