Saturday, April 16, 2011

BB blogging

Ok, so kom ons kyk of dit werk, first time for everything...
Sit vanaand by 'n b-day braai in Pretoria. Heerlik om weer terug te wees in Pretoria, maar ek voel ewe skielik stok-oud. Want 99% van die mense om my is studente of pas gegradueer. Chats van jool, vlotte en koshuise vul die lug. Jong verliefdes staar diep in mekaar se oë, verlore. Ek voel so half alleen, en ek mis my kids. Ek ken nie van vlot-bou of jool nie, en is steeds verlief, maar nie meer verlore. En alhoewel hierdie post op hierdie stadium vir my geen sin maak nie, net so maak die feit dat ek vanaand hier is, vir my ook geen sin nie.
Maar nou ja, my doel was om my bb-blogging te toets, so let's toast to that...

Tuesday, April 12, 2011

Zhané : Doop (03/04/2011)


Ons het jou op die 3de April 2011 laat doop. Alhoewel jy nog te klein is om te verstaan waaroor dit gaan en waarom ons dit doen, het mamma en pappa ‘n plig teenoor Liewe Jesus om jou so na aan Sy Woord as moontlik groot te maak, dit is basies ons manier om vir Hom dankie te sê vir die wonderlike voorreg wat ons gegun is om ‘n mamma en pappa te kan wees, en hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.

Ouma Hettie het vir jou die mooiste moontlike rokkie gemaak, en jy het soos ‘n klein prinsessie in jou rok gelyk!

Ouma en Oupa Botha het van die Kaap af gekom vir jou doop (eintlik vir Oom Rayner se grade-plegtigheid, maar ten minste was hul hier om die groot dag saam met ons te kon vier). Hulle het vir die hele naweek by ons gekuier, en dit was so lekker dat hulle ook bietjie die kans kon kry om tyd saam met jou en boetie te spandeer. Ek is seker dat hulle julle sommer verskriklik baie mis


Oupa Deon het jou by die kerk ingedra, wat vir mamma trane in haar oë gegee het, dit was so great en spesiaal! Ek sou graag dat hy vir boetie ook die kerk kon indra met sy doop, maar dit is Oupa Hardus se voorreg gewees, oor dit die eerste kleinseun aan pappa se kant van die familie was. Maar gelukkig het Oupa Deon die keer ook ‘n beurt gekry.
Ons het so lekker saam gekuier met jou doop, saam met al ons wonderlike familie en vriende het ons die kans gehad om hierdie baie spesiale dag van jou vier!
Mamma en Pappa is so geseën om twee sulke wonderlike kinders soos jy en boetie in ons lewens te hê, ons kan ons nie 'n oomblik sonder julle indink nie en als wat ons doen, doen ons ter wille van julle, want julle verdien ons onverdeelde aandag en liefde, want julle is ons geluk, vreudge en seëninge!

Zhané : 9 Maande (28/03/2011)


Askuus my skat, mamma vra onverskoning dat ek bietjie laat is, maar dinge is maar bietjie choas die laaste ruk, maar hopenlik maak ek op met die een.

My liewe genade my Biekie-bouter, hoe vinnig gaan die tyd nie verby nie, en mamma kry deesdae so min kans om vir julle te skryf, dat dit my soms bietjie hartseer maak, want ek wil so graag elke denklike oomblik saam met my Biekie’s spandeer, maar dit nie altyd moontlik nie.

Jy het so baie gegroei en ontwikkel vandat ek laas vir jou geskryf het, jy sit al so mooi alleen, verken die wereld om jou met jou handtjies (en soms sommer met jou mondtjie ook), kan ure aaneen met jou boetie speel, maar het ook nou al geleer of vinnig jou stemmetjie harder te maak en met hom te “raas” as hy te veel aan jou karring. Jy steek al jou handtjies in die lug as een van ons naby genoeg kom om jou op te tel, en raak super opgewonde as jy ‘n bekende gesig raaksien.

Jou geluidtjies raak ook al hoe meer en meer, daar is al da-da-da, ta-ta-ta, na-na-na, la-la-la en ba-ba-ba. Jy maak ook deesdae sulke snaakse pap-bek-soentjies (wat Mark jou natuurlik geleer het).

En die beste van als…jy raak mobile! Ons sal dit nog nie regtig kruip nie, dit lyk meer soos ‘n mengsel tussen leopard crawl en soos ‘n wurm wat seil, want jy trek jou vorentoe met jou handtjies en stoot jouself dan met jou toontjies, tot jy kom waar jy wil. Ek moet ook erken, met die wat jy mobile raak moet ons 10 keer meer versigtig met jou wees, want jy het nou al 2 keer van mamma se bed afgeval en jou stamp soms jou mond / kop teen die goed soos wat jy balans verloor. Jy begin ook al om jouself teen die meubels op te trek en staan dan ewe trots vir die wereld en kyk.

En raai wat??!! Jy het jou eerste tand op 8 maande & 3 weke gesny!!!! En 2 daggies later het jy jou tweede tande gesny. Altwee tandtjies steek al so mooi uit, maar sodra ons ‘n foto probeer neem steek jy jou tandtjies met jou tongetjie weg….klein rakker