Monday, May 24, 2010

Lost in Blogs.....

Dis soos 'n sprokies-wereld waardeur ek loop, van die een blog na die volgende, en ek verloor myself telke male in elkeen van hulle, ek verloor myself in die woorde, die emosies, en die stories.  Dit begin soos familie voel, die bekendheid groei met elke blog, elke paragraaf, elke sin en elke woord.  Ek raak saam opgewonde, hartseer, bly, ek sien elke kleur en reuk in my geestes-oog, ek kan die see-lug ruik en die branders op die strand hoor breek en spoel.....en ek is mal daaroor!
Ek is mal daaroor oor ek dit nie self kan doen nie, ek kan nie met woorde speel en hul inkleur om sulke wonderlike prentjies te skryf nie, en daarom verlustig ek my in die blogs wat dit wel doen, dis amper soos inspirasie vir die siel...of so iets...ek weet nie
Wel, maak nie saak wat die eintlike rede daar agter is nie, ek bly mal daaroor!  En wie weet, dalk smeer dit tog so biejie af en help my tog om daai prentjie eventually in te kleur....

Hanco : Longontsteking

My liewe lawwe biekie-baba, wat 'n besige paar weke het ons nie agter die rug nie!  Mamma en Pappa was so bekommerd oor jou dat dit ons sommer baie hartseer gemaak het.

Dit het alles begin die laaste week in April en die eerste week in Mei, wat jy so aardge hoesie ontwikkel het, ons het niks snaaks daarvan gedink nie en het jou soos gewoonlik maar probeer gesond dokter met die medisyne wat in die huis was.

Teen Maandag, 3 Mei 2010, kon ons sien dat dit nie beter word nie en het Mamma jou dokter toe gevat, sy het jou ondersoek en bevestig dat jy lugweg-inflimasie en infeksie het en het vir ons medisyne voorgeskryf.  Mamma het jou die hele week probeer gesond dokter met die medisyne wat die dokter vir ons gegee het, maar dit wou nie werk nie en het jy net al sieker geword, so dat jy naderhand koors ontwikkel het. 

Mamma het jou toe maar weer Vrydag, 7 Mei 2010 terug gevat dokter toe, sy het jou weer ondersoek en vir ons gesê dat die infeksie en inflimasie afgesak het in jou bors, en het vir ons nuwe medisyne gegee.  So het ons toe maar oor die naweek verder probeer om jou gesond te kry, maar dinge het net al erger en erger geraak.  Ek het jou maar Maandag, 10 Mei 2010, terug gestuur skool toe met streng instruksies dat hulle ons dadelik moet bel as jy nie beter word nie.

Teen 15h00 daai middag het die skool baie bekommerd vir Pappa gebel en gevra dat ons jou moet kom haal want jou koors is baie hoog gewees en jy het bly opgooi.  Ons het jou by die skool gaan optel en dringend terug gevat dokter toe, wat bevestig het dat jy longontsteking ontwikkel het en dat sy dink jy maar eerder in die hospitaal opgeneem moet word, waarna sy ons na 'n Pediater toe verwys het.
Die pediater het jou ondersoek en nog voor ons behoorlik tot verhaal kon kom, ons na die Pediatriese ICU toe met jou gestuur het.
Dit was so deurmekaar en Mamma en Pappa het behoorlik nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. 

Ons het vir jou 'n lêer laat oopmaak en is terug na die saal toe waar jy opgeneem moes word.  Hulle het jou kom haal om bloed te laat trek vir die bloedtoetse wat hulle moes laat doen en Mamma se hart het in 'n duisend stukke gebreek, want hoe kan hul daai "groot" naalde in jou armpie wil druk?
Pappa het saam met jou gegaan want Mamma was nie braaf genoeg gewees nie, en ek kon jou tot in die kamer hoor huil toe hul die bloed moes trek!

Jy was baie ongelukkig met al die tannies toe hul uiteindelik klaar was, want toe het hul ook sommer 'n drup in jou regter armpie gesit en jou arm toe-verband sodat jy nie aan die drup kan karring en trek nie.

Ek het vir Pappa lysies gemaak van wat hy als vir my en vir jou moes gaan inpak by die huis om ons verblyf in die hospitaal net bietjie makliker te maak, en so het die langste week ons ons lewens begin.

Mamma het in die aande by jou in die hospitaal geslaap, want ons wou jy net eenvoudig nie alleen los in daai vreemde plek nie.  Pappa het Dinsdag verlof gevat by die werk en was die hele dag saam met ons by die hospitaal gewees.  Hy is gou Woensdag vinnig in werk toe, maar was sommer gou weer terug by ons gewees.  Intussen het Oupa Hardus & Ouma Melinda vir jou 'n draagbare DVD-speler gekoop om jou besig te hou terwyl jy in die hospitaal was, en jy het dit so geniet, want jy het die een DVD na die ander gesit en kyk.

Jy is uiteindelik Donderdag, 13 Mei 2010, uit die hospitaal ontslaan, met nog 'n hele rits medisyne wat jy moes drink.

Ons is eintlik so trots op jou, want jy was so braaf en stroop-soet terwyl jy in die hospitaal was, jy was altyd vriendelik mat die "Tannie-Susters" gewees (Behalwe as jy wou slaap in die aand en hulle wou jou medisyne vir jou gee).  En binne 'n japtrap was jy sommer gou weer gesond en weer jou ou self.
Dit het net weereens vir my en Pappa gewys dat ons biekie-baba nou in 'n brawe, sterk, liefdevolle, wonderlike klein seuntjie verander het!

En ons is so verskriklik, oneindig lief vir jou!!!!!!

Monday, May 10, 2010

Zhané : 4D Scan (31 weke & 2 dae)

Hi daar my pragtig;

Ek en pappa was vanoggend by jou 4D Scan gewees en kon uiteindelik sien hoe jy lyk, en wat 'n wonderlike verrassing was dit nie vir ons gewees nie, want jy is pragtig en volmaak!!  Jy was bietjie skaam gewees en ons het bietjie gesukkel om jou gesiggie te sien, maar kon darem so hier en daar 'n vinnige glimpse v an jou kry.  Jy het ook onder-andere gegaap, jou tong uitgesteek, jou ogies oop en toe gemaak en ook jou vinger in jou neus gedruk!  En volgens die tannie wat die scan vir ons gedoen het, en jy 'n redelike bos hare aan jou, sal maar moet wag en sien tot die dag van jou geboorte om te sien hoe waar dit is en hoe baie hare daar regtig was!
Ons almal raak by die dag net al hoe meer opgewonde oor jou koms, dit is nog net 49 dagies voor jy hier is!  Jy word vandag oor presies 7 wekies gebore, ek kan nie glo die tyd het so vinnig verby gevlieg nie.  Hopenlik vlieg die laaste 7 wekies net so vinnig verby!

Maar tot en met dan, hier is jou 4D foto's van vanoggend :




















































Veilig wees my pragtig en liefies jou!

Monday, May 3, 2010

Hanco : Skool Rapport & nog meer

Hi daar my Biekie-Baba;

Jy het laas Vrydag (23/04/2010) jou heel eerste skool rapport gekry, en alhoewel dit niks ernstig was nie, was ek buite myself van opgewondenheid daaroor :

Aan die een kant is mamma bly dat jy so mooi groei en ontwikkel, maar aan die ander kant mis ek jou klein biekie-baba lyfie, ek mis die idee dat jy nie meer so afhanklik van my en pappa is nie en dat jy al hoe meer jou eie ding begin doen en op jou eie ontwikkel.  Jy is 'n mensie op jou eie, met jou eie karaktertjie en jou eie voorkeure in die lewe, en ek kan myself net elke dag sit en verwonder aan jou en hoe jy net al hoe meer onafhanklik word.  Mamma en Pappa is so trots op jou, en is trots op die feit dat jy ONS biekie-baba is!

Pappa het Saterdag (01/05/2010) terug gekom van Duitsland af, waar hy vir die week was, en ons (saam met oom Heinrich) het hom gaan optel by die lughawe.  Jy was so opgewonde om al die groot vliegtuie te sien by die lughawe, maar jy was nog meer opgewonde op jou pappa deur daai groot glas-deure te sien stap, dat jy skoon uit my arms gespring het en deur die skare mense met jou armpies wawyd oop gestrek na hom toe gehardloop het, dit was beslis 'n vruegdevolle verwelkoming vir pappa gewees.  Hy het vir jou 'n klein skaal-vliegtuig terug gebring van Duitsland af, een wat presies lyk soos die een waarmee hy gevlieg het, en jy is omtrent beindruk met jou nuwe speelding!

Mamma gaan vir eers weer 'n bietjie groet, soet wees en liefies jou!

Hanco : Skool Rapport & nog meer

Hi daar my Biekie-Baba;

Jy het laas week Vrydag (23/04/2010) jou eerste Rapport gekry, dis niks ernstig nie, maar ek was buite myself van opgewondenheid daaroor :



Kan nie glo hoe vinnig jy besig is om groot te word nie, aan die een kant is dit ok, maar aan die ander kant mis ek jou klein biekie-baba lyfie, ek mis die idee dat jy nie meer so afhanklik van my en pappa is nie, jy doen jou eie ding en gaan op jou eie aan...