Monday, November 29, 2010

Zhané : 5 Maande!

Liewe genade sussie, mamma kan nie glo hoe vinnig die tyd besig is om verby te vlieg nie! Jy is al 5 maande oud, wat het van my klein babatjie geword wat net nou die dag gebore is!
Jou vordering is so goed en mamma is so trots op ou, jy bemeester elke dag iets nuuts. Jy is om 'n avontuur-tof en ontdekkigingsreis van jou eie, jy verstaar jouself en bewonder als om jou, en dit is asof jy nie genoeg van als kan kry nie.
Ons het begin met die vaste kossies en tot dusvêr toe gaan dit redelik goed, alhoewel jy in die begin niks van die pappies wou weet nie, eet jy dit nou soos 'n wenner! Jy kry in die oggende en in die aande met jou pappies en mamma gaan binnekort met groente en vrugte ook begin, so ek hoop dit gaan so goed as wat dit met die pappies gaan.
Die res van jou ontwikkeling en mylpale is ook redelik op dreef, jy sal so af en toe omrol as ek jou op jou magie neersit, jy het ook jou voetjies ontdek, en met elke kansie wat jy kry, tel jy hulle hoog op en druk omtrent al jou toontjies in jou mond, jy wieg ook lekker heen en weer as jy so moet jou voete in die lug lê. Jy begin ook jou armpies en handtjies uitstrek om die speelgoed wat ons voor jou hou, te kan vat.
Jy en boetie kan tog so lekker saam speel, en vir alles wat hy doen, lag jy te lekker! Ek is so bly as ek sien dat julle twee so goed oor die weg kom, hoop net dit hou vir so lank as moontlik so aan.
Ons is lief vir jou, ons klein Biekie-bouter!

Friday, November 12, 2010

Zhané

Vandag, presies 1 jaar terug, het mamma en pappa baie opgewonde vir al die vriende en familie laat weet dat jy oppad is! Jy was 'n volle 5 weke en 5 dae oud!! En vandag is jy al 4 en 'n half maande oud! Ek kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie, dit is skrikwekkend. En as ek my oë uitvee staan jy voor my in jou matriek-afskeid rok, of dalk nog erger...jou trourok!
Al wat ek wel weet is dat ek verskriklik lief is vir jou en my lewe nie een dag sonder jou of Hanco kan indink nie!
Mamma is onsettend lief vir jou my Biekie-bouter!