Tuesday, June 22, 2010

Preggy Belly Photo Shoot

OMW! Nooit sou ek gedink het dat ek braaf genoeg sou wees vir so iets nie, maar dit het vir my so mooi gelyk as ek die ander girls se fodies sien, en oor ek dit juis nie met Hanco gedoen het nie, het ek besluit om dit 'n go te gee die keer, aangesien daar volgens my glad nie 'n volgende keer gaan wees nie. 

Ok, maar nou staar die volgende probleem my in die gesig, wie gaan dit doen, want ek gaan nie net sommer gemaklik voel om dit deur enige iemand te laat doen nie, aangesien my pensie soos 'n "world-map" lyk van al die rekmerke.
Dit het baie lank en BAIE manne-moed gevat voor ek uiteindelik op die punt gekom het waar ek vir Monzelle kon vra of sy dit sou oorweeg om dit vir my te doen, en sonder om te blik of te bloos, het sy gesê dat sy dit vir ons sal doen en dat dit geen probleem sal wees nie.
So het ons (met my wat baie senuweeagtig was) die photo shoot Saterdag (19/06/2010) aangepak, en ek dink Monzelle was op die ou einde van die dag moeër as ek gewees, want sy het haar allie afgesukkel om my te kry om te ontspan...LOL! Sorry Monz!
Maar dit wat ek nou al tot dusvêr toe van die eind-resultate gesien het, lyk stunning!! En terwyl ek Sondag so na een van die fotos sit en staar, het ek met 'n knop in my keel aan Guilm gesê : "She made me look pretty!"  (Guilm se antwoord daarop was natuurlik : "But you are pretty!"
Monz, ek dink nie ek kon enige iemand beters gevra het om dit te doen nie, jy het my verstaan, en my skaam en onsekerheid by die deur laat uitvlieg.  Jy het dit in 'n wonderlike ervaring vir ons omskep. 
Jy het gedoen wat ek nie dink enige iemand anders sou kon regkry nie, en ek wil vir jou Dankie sê daarvoor, ons waardeer dit regtig!  Jy het 'n besonderse talent en aanvoel as dit by foto's kom, en jy weet hoe om die "essence" agter die foto na vore te bring.  Jy is "truly stunning"!


Zhané : 36 weke & 6 dae (18/06/2010)

Mamma & Pappa was Vrydag vir ons laaste scan gewees voor jou geboorte, en als lyk wonderlik!  Die dokter is steeds beindruk met jou vordering en jou groei lyk baie goed, jy weeg al 'n hele 2,839kg, jy behoort so ±3kg te weeg by geboorte, so ons sal maar moet wag en sien hoeveel jy in die laaste week groei.
Hier is jou laaste sonar foto :


En ja, die keiser is nou defnitief geskeduleer vir Maandag, 28 Junie 2010 @ 13h30 die middag, ons moet teen 9h30 inbook by die hospitaal sodat hulle die nodige kan doen en mamma moet voor 08h00 die oggend my laaste ete eet, weet nie of ek die heel dag gaan kan uithou nie, maar die feit dat ons jou gaan ontmoet maak dit als die moeite werd!
 
Tannie Monzelle het Saterdag (19/06/2010) ons "Preggy Belly" foto's geneem en die paar wat ek al gesien het lyk stunning!  Mamma kan nie meer wag om die res te sien nie, maar Tannie Monzelle het darem belowe dat sy dit voor die einde van die week reg en klaar sal hê, so sodra mamma nog foto's gekry het sal ek dit bietjie vir jou oplaai.

Jy is vandag 37 weke & 3 dae oud, ons het nog net 6 daggies om te gaan voor ons jou uiteindelik sien!!  Ek het vanoggend vir Hanco ook gewys en vertel dat ons jou oor 6 slapies gaan haal, en hy was nogals heel opgewonde daaroor gewees, het my tot by die skool net die heeltyd bly vertel dat jy oor 6 slapies huistoe kom.  Mamma en Pappa kan nie meer wag om te sien hoe hy gaan reageer as hy jou vir die eerste keer sien nie, en hoe hy gaan reageer en jou hanteer as jy eers by die huis is nie.  Ek dink (en weet sommer) dat hy die heel beste ouboet in die hele wye wereld gaan wees, en jou soos 'n prinses behandel!

Maar mamma gaan nou vir eers groet my prinses, en ons kan nou regtig nie meer wag om jou te sien nie, die tyd raak nou al hoe minder!
Liefies jou!

Thursday, June 10, 2010

Precious Moments

From: QS TWO Quantity Surveyors [mailto:admin@qs2.co.za]


Sent: 12 November 2009 12:59

To: 'Sonja'; 'Christine Hay'; 'Ina Jansen'; 'Anel Joubert'; 'Monica Greyling'; 'Nicole'; 'Amanda Ceronie'; 'Elmarie Ceronie (Simstone)'; 'Deonne Clasen'; 'Melinda Botha'; rfbotha13@gmail.com; bianca.botma@gmail.com; 'Adri Uitenweerde'; 'Botha Guillaume (AA/SZA43-GB)'; Ivan.Clasen@sgss.socgen.co.za

Subject: Ontmoet.......

Hi daar almal;

Wil julle net graag voorstel aan ons nuwe Boontjie Botha wat 5 weke en 5 daggies oud is!!!!

Geniet die dag verder.

Groete;
Benita
***************************************
 
Dit is hoe ons, op die 12de November 2009, ons tweede swangerskap aan almal "announce" het, al het ons toe vir omtrent 3 weke al geweet dat ek swanger was.  Daai dag was snaaks, deurmekaar, onrealisties, onwerklik, opgewonde en vreesbevange, alles in een.
Het regtig nie geweet hoe ek moet voel nie, Guilm was natuurlik in sy elemente, maar ek was nie seker nie.  Duisend vrae het oor en oor deur my kop bly spoel, soos :
*  Is ons regtig gereed hiervoor;
*  Gooi ons onsself nie in die diepkant van die swembad met hier swangerskap nie;
*  Doen ons nie vir Hanco 'n onreg aan nie
 
Dit was 'n interessante pad om te stap, en die keer was dit nie net saam met Guilm nie, die keer was my Biekie-baba daar om die nuwe avontuur saam met ons aan te pak.  Hy het opgewonde vir almal vertel van sy sussie wat in mamma se magie is, en soms, ja self soms, het sy 'n draai of twee in sy magie ook gemaak.  Hy het gereeld my maag kom drukkies gee, met sy sussie gesels en party keer net stil langs my kom sit net om sy oor op my maag te kan sit...Dit als noem ek "precious moments", "moments" waarvoor ek nie eens altyd kans kry om die kamera te gryp en af te neem nie, "moments" wat soos 'n bubble, net vlugtig daar is, en dan weer stil stil verdwyn...
Maar dit is "moments" soos die wat alles elke keer die moeite werd maak!

Zhané : 35 weke & 5 dae (Sonar)

Nog net 18 daggies oor!  Mamma kan nie glo hoe vinnig die tyd gevlieg het nie!
Ons was vanoggend weer by die dokter gewees en hy is steeds baie gelukkig met jou vordering.  Jy weeg al 'n hele 2,553kg en als lyk goed, jy kry nog voldoende bloed en suurstof deur jou naelstring, jou hartklop is nog sterk en gesond, so in 'n neutedop...jy is nogsteeds perfek!
Mamma het reeds ons tasse klaar gepak en die nodige papierwerk vir die hospitaal gedoen, so alles is reg en gereed vir jou koms, dis nou maar net agter-oor sit en wag vir jou om jou verskyning te maak...JIPPIE!
Soet wees my poplap, tot later

Thursday, June 3, 2010

Ooievaars : 29/05/2010

Het Saterdag my Ooievaars vir Zhané gehad, en wat 'n wonderlike dag was dit nie gewees nie, maar ons het almal baie hard gewerk om dit so wonderlike dag te maak, en daar is soveel mense waarvoor ek dankie moes sê vir die aandeel wat hul gehad het :

  1. Die Liewe Vader vir die klein wonderwerk en geskenkie wat Hy aan ons toevertrou het, en sonder Sy Hand van bewaring oor my, Zhané en my swangerskap, was niks van die moontlik gewees nie, al die lof en eer aan Hom!

  2. My liewe Moeder, wat van die begin af nie een keer geskroom het toe ek haar vra om my te help met die reëlings vir die Ooievaars nie (ja ok, ek is 'n control-freak en kon nie anders as om in beheer te wees van die reëlings nie, en ek hou nie van verrassings nie, Hanco se ooievaars was vir my erg genoeg!).  My ma het soveel moeite gedoen met die ooievaars, dankie Moeks, ons waardeer als wat jy gedoen het en waardeer dit wat jy vir ons beteken en die feit dat jy deel van ons lewens is, want dinge sou maar net nie dieselfde gewees het sonder jou nie!
  3. Klippie : Dankie vir die "Dankie-sê" boksies wat jy gemaak en gevul het, dankie dat jy net so hard saam met ons gewerk het Vrydag-aand en Saterdag-oggend, dankie dat jy oneindiglik lief is vir Hanco, want ek weet Zhané gaan dieselfde onvoorwaarlike liefde kan ervaar!
  4. Tannie Hettie (en Estie).  Die dag toe ek omstap na Tannie Hettie toe om haar te vra of ons haar erf kan leen vir die ooievaars het sy sonder om twee keer te dink vir my ja gesê.  Dankie daarvoor tannie, dit was wonderlik!  Dankie dat Tannie altyd daar is, al is dit net soms om te luister na ek wat kom stoom afblaas en my na die tyd vra : "Voel jy nou beter?", dankie dat Tannie die rol as "aanneem-ma" 100% met entoesiasme uitleef, en die gap wat gelos word met ons ma's wat nie altyd daar kan wees nie, vul, sonder skroom.  Ons waardeer Tannie en is uit ons harte lief vir tannie!
  5. Magda vir al jou hulp en eetgoedtjies wat jy gebak het.  Dankie en ons waardeer!
  6. Adri vir die foto's wat jy geneem het, dis flippen stunning!
  7. Buurvrou, wat Vrydag aand tot na 11 toe gehelp het om cupcakes te versier, aangesien ek redelik bak-gestremd is.  Jy is 'n vriendin 1000!
  8. Almal wat daar was om die dag saam met ons te geniet, saam te kuier, saam te lag en saam te gesels.  Ons het net weereens na Saterdag besef dat ons eintlik baie geseend is om so baie en sulke wonderlike mense in ons lewens te hê, want elkeen van hul maak 'n verskil, al is dit hoe klein.
Daar was soveel geskenke dat ons na die tyd nie geweet het waar om te vat en waar om te los nie, en ek en my ma het na die tyd vir ure lank op my gesit en "ge-oe" en "ge-ah" oor al die cute goedtjies. 
Hanco het so af en toe net 'n draai en 'n wals deur die kamer gegooi, net om ons te herinner dat hy nie vergete is nie en net om elke keer so ogie oor al die geskenke te kom gooi (net om seker te maak dat daar nie erens tussen al die pienk, frille en valle dalk, miskien, mens-weet-nooit, iets vir hom wegkruip nie.  Hy was eintlik so blerrie cuteres!

Nog foto's :

Zhané : Sonar (32 weke & 5 dae) en vordering

Ons was weer die 20ste Mei 2010 by die dokter gewees en als gaan nog baie goed met jou, jy het gedraai en met jou kop na onder gelê en al 'n hele 1,801kg geweeg, mamma en die dokter was baie beindruk daarmee gewees.  Hier is jou sonar-foto :

(32 weke & 5 dae)


Ons sien die dokter die 10de Junie 2010, dan sal ons kan sien hoeveel jy verder gegroei het.  Jy is baie woelig deesdae, so dat Mamma soms bietjie ongemaklik en seer raak, maar solank as wat jy daar binne woel weet ek ten minste dat alles ok is.

Hier is 'n nuwe foto van hoe jy al in my pensie gegroei het (34 weke & 2 dae)


Tot volgende keer my prinses, liefies jou!

Alweer jy...of nie

My drome, in die aand, vêr verwyder van realiteit, dis waar ek jou sien, tyd met jou deel.  En al is dit onrealisties en net drome, bly die tyd wat ons daar saam kan spandeer kosbaar, want dit is al wat ek oorhet....drome en "memories".
Maar gister-aand was anders....ek het van jou gedroom, maar vir die eerste keer vandat jy weg is, was jy nie deel van my droom nie, jy was nie daar om mee te praat, vas te hou en te absorbeer nie...jy was...................weg....weg in my droom soos wat jy weg uit my lewe is....
Jou ma was daar, jou pa was daar, jou broer was daar, en saam het ons gepraat oor jy wat dood is en dit probeer aanvaar, maar ons kon nie, al wat ons kon doen was huil....
Kan dit wees dat ek na al die jare dit begin aanvaar, teen my sin natuurlik?  Ek kan nie toelaat om dit te aanvaar nie, want as ek dit aanvaar is dit wat gaan gebeur....jy gaan weg...En weg is nie waar ek jou wil hê nie, weg was nog nooit vir ons die opsie gewees nie, maar............jy is net nie meer daar nie. 
Tog ervaar ek jou in my drome, voel jou by my, sien jou in die weerkaatsing van my spieel, en koester dit, want dit is al wat ek het, herinneringe wat ek moet aanhou koester, anders gaan jy weg......