Thursday, April 29, 2010

Zhanè : 28 weke & 5 dae

Hi daar my pragtig!
Ja ek, pappa en Hanco was weer Donderdag (22 April 2010) by die dokter gewees vir 'n scan, en als gaan so goed met jou!  Jy weeg al 'n hele 1,042kg!  Die dokter is ook baie beindruk met jou vordering en als lyk baie goed.  Hanco was weer baie beindruk om sy sussie op die TV te sien en het heel opgewonde na die skerm bly staar terwyl die dokter die scan gedoen het, hy kon ook natuurlik nie ophou praat daaroor nie en ons het baie gesukkel om hom bietjie stiller te kry tydens die ondersoek.  Ons het nog net 9 wekies oor voor jy jou opwagting maak en mamma is SO OPGEWONDE, ek kan nou nie meer wag om jou te sien en vas te hou nie!
Ons gan die 10de Mei 2010 vir jou 4D Scan, dan gaan ons bietjie kan sien hoe jy lyk, en dit is so amazing!

Hier is jou sonar-foto wat die dokter geneem het (maar jy was bietjie skaam met die scan en het jou gesiggie bietjie vir ons weg gesteek) :




















Mamma kan ook nou sien en voel dat jy elke dag 'n bietjie groter raak, want jou spasie daar binne raak bietjie min en ek is seker dat jy al op hierdie stadium effens beknop voel daar binne.  Mamma moet ook die heeltyd pen-regop sit, anders druk ons mekaar so bietjie, wat effens ongemaklik is.

Jy moet rustig en soet wees daar binne my liefies, tot volgende keer!
Liefies jou tonne!

Huweliksherdenking : 23 April 2010

Jip, hierdie jaar was ons 5 jaar Huweliksherdenking, en so sit ek en terugdink aan die laaste 5 jaar, aan al die herinneringe, die gebeure, die ups & downs, en ek besef weereens dat ek dit vir niks in die wereld sal verruil nie, want dit wat ek & hubby deel is perfek! Hoekom sal ek dit enigsins anders wil hê?! 
Ons het 'n wonderlike verhouding, ons is oneindig lief vir mekaar en ons het 2 wonderlike kinders (ok, waarvan die een nog oppad is, maar sy is amper hier).  Ja, goed en wel, ons het al ons oomblikke gehad, oomblikke waarin ons kwaad was, oomblikke waarin ons nie dieselfde siening of mening gedeel het nie, oomblikke waarin ons saam gehuil het, oomblikke waarin ons hartseer gedeel het, maar die oomblikke wat dit als die moeite werd maak is die oomblikke waarin ons vreugde en liefde kan deel, en dit maak alles, ja selfs die minder goeie oomblikke die moeite werd.
Dit maak dit die moeite werd want dan weet jy dat daar iemand aan jou sy is, iemand wat jou bystaan en iemand wat jy bystaand, iemand wat daar is deur dik en dun, deur goed EN sleg, en iemand wat lief is vir jou, presies net soos wat jy is!  En dit is as gevolg van die feit dat Guilm daai wonderlike persoon is, wat ek myself nie een dag kan of wil sonder hom indink nie.  Hy is nie net my alles nie, hy (en dit sluit ons twee kiddies is) is my lewe, my alles, my bestaan!  Ek is pragtig want hy maak my pragtig!!  Ek is sy "engelkind"!

'n Paar van die gelukwense wat ons gekry het :
(Facebook)

Benita Botha : Dit is ons 5de huweliksherdenking vandag! Dankie vir als my liewe lawwe lollie bollie! Jy is my alles en my hele lewe en ek liefies jou tonne!

Deune Schutte, Bettina Annette van Antwerpen and Chantel Williams like this..

Lameez Klein : Geluk B!

Yolande Carter Haasbroek : baie baie geluk!!!

Gustav Schaap : Geluk julle twee! Dit meen ons vyfde ook om die draai..joe, maar tyd kan darem vlieg!

Bettina Annette van Antwerpen : Congrats to you both. May the year ahead be a wonderful one filled with many memories t take into the rest of your lives with you.

Veronica Kock : Happy anniversary!

Jolene van Rooyen : Baie geluk julle !!! Mag daar nog 100 van hulle hê!

Deon Schaap : veels geluk, mag die jare vorentoe besaai wees met liefde en nog baaaie pragtige babas!

Ina Jansen : Geluk buurvrou! Hoop da is nog vele meer!

******

(Our Precious Moments)

Wedding Anniversary!!!!

by Benitab on Fri 23 Apr 2010 - 8:38


Yes, it is our 5 year Wedding Anniversary today!!!!! Cannot believe where the time has gone, feels like yesterday that I was this blushing young bride getting ready to take the big step with the most awesome man in the world! From the first day until now, our lives together are just perfect! He is my own little piece of heaven and I love him to bits! And together we were blessed with firstly Hanco and now Zhanè, what a way to show the world of the love we share for each other!
I love you my "liewe lawwe lollie bollie" and I am beautiful cause you make me beautiful!
 
 
by Adele on Fri 23 Apr 2010 - 8:42
Baie geluk met jul 5de huweliksherdenking! Hoop daar is nog baie jare saam
 
by elleznom on Fri 23 Apr 2010 - 8:43
 
by Bane on Fri 23 Apr 2010 - 8:44

happy anniversary girl, and may you enjoy many more..
hope Hubby will make it special for u..

by Cutie Baby on Fri 23 Apr 2010 - 8:44

- Enjoy the rest of your day and the many beautiful years ahead

by Carmen on Fri 23 Apr 2010 - 8:53

Congrats! May you have many many many more!

by Vienna on Fri 23 Apr 2010 - 8:55

Congrads. May the Lord bless you with even more years.

by Honey on Fri 23 Apr 2010 - 8:57
Congratulations

by Pumi on Fri 23 Apr 2010 - 9:10
Congratulations

by Dooi (Deuné) on Fri 23 Apr 2010 - 9:11

GELUK!!!!! BAIE geluk vroutjie, mag julle sommer nog 50 00000 jare he saam!!

by PinkPanther on Fri 23 Apr 2010 - 10:03

Congratulations Benitab!

by Stix on Fri 23 Apr 2010 - 11:46

Happy anniversary!!!!!!!

Monday, April 19, 2010

Emosies!

Na ek het jou vanoggend by die kleuterskool gaan aflaai het, het ek vir 'n paar minute net in die kar voor die skool se hek gesit en huil, ek kon doodeenvoudig die trane nie keer nie.
Ek het gesit en huil oor die feit dat jy my Biekie-baba is, oor hoeveel ek vir jou omgee en wat ek nie als vir jou sal doen nie!  En nie oor ek spyt is daaroor nie, nee, juis oor ek so lief is vir jou!

Jy het weer vanoggend so klein en weerloos teenoor die res van jou maatjies gelyk.  En boonop voel jy nie baie lekker nie want jy sukkel met 'n effense verkoue en dus was jy nog bietjie huilerig ook vanoggend, en dit als het veroorsaak dat my hart gebreek het om jou net so daar by die skool te los en in my kar te klim en te ry.
En dit maak dat ek jou net elke keer meer en meer in my arms wil toevou en wegsteek vir die wrede wereld daar buite.  Wat ek jou wil beskerm en verhoed dat enige iets of enige iemand jou seermaak of jou hart breek, want hoe gaan ek daarmee kan saamleef as dit wel die dag met jou moet gebeur?
Dit maak my bang vir dit wat die toekoms inhou, want as ek nou al so voel, hoe gaan dit nie wees elke keer wat jy voor nuwe uitdagings te staan kom nie?
En hier waar ek nou sit en dink oor wat om te skryf kan ek die warboel van emosies binne my voel tol, maal en draai. 
Al wat ek kan doen is hoop en glo dat jy die nodige lewenslesse kan leer uit die voorbeeld wat ons as ouers vir jou stel.  Dat jy sal leer hoe om 'n selfstandige, onafhanklike mens te wees, wat nie toelaat dat ander oor jou loop nie, maar wat ook die mense om jou respekteer en behandel soos wat jy graag behandel wil word.
Maar diep binne my weet ek dat dit nie vir jou 'n probleem sal wees nie en dat jy sal grootword en groei in 'n jong man waarop ons vir ewig trots sal wees!

Thursday, April 15, 2010

Zhanè : 27 weke & 5 dae

Hi daar my poplap;

Mamma wil maar net so bietjie weer update op jou jongste doen en late, so hier is 'n foto van jou in my magie wat ek vroeër in die week geneem het :

(27 weke & 4 dae)




















En soos jy kan sien het jy al lekker gegroei hier in my pensie. 

Ek en pappa gaan weer die 22ste April dokter toe, dan kan ons weer bietjie sien hoeveel groter jy geword het en wat presies jy als hier binne in my magie aanvang.  Ek het vanoggend op my rug op die bed gelê sodat pappa jou weer bietjie kon voel skop en beweeg, en hy was baie beindruk met jou!  Dinge begin nou so stadig maar seker in plek val, dis nog net 10 weke voor jy jou opwagting maak, en mamma wil hierdie maand kyk of ons die laaste van jou goedtjies kan gaan koop, die res van die goed sal maar moet wag tot na jou Ooievaars, wat die 29ste Mei gaan wees, en dan daarna kan ons rustig begin seker maak dat als reg en gereed is vir jou koms. 

Hier is 'n voorbeeld van die uitnodiging van jou Ooievaars :














Ek en Tannie Monzelle is ook besig om mamma se "preggie photoshoot" te beplan, sy gaan lekker baie foto's van jou (in my pensie) saam met my, pappa en natuurlik Hanco neem sodat ons dit kan bêre om eendag vir jou en Hanco te wys.

Mamma begin al die wekies aftel tot jou geboorte en is so opgewonde, ons kan ook nie meer wag om jou aan Hanco voor te stel nie, mamma kan nie wag om sy reaksie te sien as jy eers daar is in lewende lywe nie. 

Maar tot en met dan, soet wees my engel en liefies jou!