Tuesday, March 30, 2010

Hanco : Paasfees

Met paasfees wat om die draai vir ons lê en loer kan ons nie ophou dink aan al die lekker paaseiers en sjokolade paashasies wat ons gaan opeet oor paasnaweek nie. 
Maar jy het mamma vanoggend weer herinner waaroor paasfees eintlik gaan, want toe ek jou vanoggend by die skool gaan aflaai toe sien jy die groot kruis wat hul uit stringe liggies gemaak het wat voor jul skool staan, jy het baie opgewonde vir my die kruis gewys en an my verduidelik dat dit 'n kruis is, jy het ook jou armpies in die vorm van 'n kruis gemaak.  Daarna het jy my baie entoesiasties vertel dat Liewe Jesus aan sy hande aan die kruis vas gespyker is.
Alhoewel ek nog nie dink dat jy die hele konsep agter dit alles verstaan nie, was jou verduideliking vanoggend oor as genoeg vir mamma om my weereens te herinner waaroor dit eintlik gaan.
Dit gaan nie oor paaseiers, sjokolade hasies of skattejag nie, dit gaan oor die feit dat Liewe Jesus aan die kruis vir ons sondes gesterf het en so vir elkeen van ons die kans gegee het om te kan Hemel toe gaan.  En ek en Pappa wil jou en Zhanè elke liewe dag daarvan bewus maak dat Liewe Jesus ons Groot Verlosser is en dat sonder Hom ons eintlik verlore is. 
Dankie dat jy, so klein en onskuldig soos wat jy is, my daaraan herinner het.
Mamma is tonne en tonne lief vir jou my Biekie-Baba!

Zhanè

Pappa het vandag via e-mail vir my hierdie gedig vir jou gestuur, en ek het dit goed gedink om dit vir jou op die blog te sit sodat jy dit ook eendag kan lees.  Liefies jou my engel!

A Father's poem to his daugter :

Just for this morning, I am going to
smile when I see your face and laugh
when I feel like crying.


Just for this morning, I will let you
choose what you want to wear,
and smile and say how perfect it is..


Just for this morning, I am going to step
over the laundry and pick you up and take you to
the park to play.


Just for this morning, I will leave the
dishes in the sink, and let you teach me how to put
that puzzle of yours together.


Just for this afternoon, I will unplug
the telephone and keep the computer off, and sit with
you in the backyard and blow bubbles.


Just for this afternoon, I will not yell
once, not even a tiny grumble when you scream and
whine for the ice cream truck, and I will buy you one
if he comes by.


Just for this afternoon, I won't worry
about what you are going to be when you grow up, or
second guess every decision I have made where you are
concerned.


Just for this afternoon, I will let you
help me bake cookies, and I won't stand over you
trying to fix them.


Just for this afternoon, I will take us
to McDonald's and buy us both a Happy Meal so you can
have both toys.


Just for this evening, I will hold you in
my arms and tell you a story about how you were
born and how much I love you.


Just for this evening, I will let you
splash in the tub and not get angry.


Just for this evening, I will let you
stay up late while we sit on the porch and count all the stars.


Just for this evening, I will snuggle
beside you for hours, and miss my favourite TV shows.


Just for this evening when I run my
finger through your hair as you pray, I will simply be
grateful that God has given me the greatest gift ever given.


I will think about the mothers and
fathers who are searching for their missing children, the
mothers and fathers who are visiting their children's
graves instead of their bedrooms. The mothers
and fathers who are in hospital rooms
watching their children suffer senselessly and screaming
inside that little body
And when I kiss you goodnight I will hold
you a little tighter, a little longer. It is then,
that I will thank God for you, and ask him for
nothing, except one more day..............

Thursday, March 25, 2010

Zhanè : 24 weke & 3 dae

Ons (ek & Ouma Ella) was Dinsdag by die dokter om weer bietjie te kyk hoe dit met jou gaan en als gaan nog voor die wind!  Jy weeg al 'n hele 572g en die dokter is baie beindruk met jou vordering.  Jou stampies en stote word ook elke dag al hoe meer en al hoe duideliker, en soos wat mamma nou hier sit en tik gaan jy lekker woelig te kere daar binne.  Dit is eenvoudig net so amazing om jou te voel groei en beweeg, en ek besef elke liewe dag hoe geseënd ons is om swanger te kan wees en watse groot geskenk jy is!  En ons kan net elke liewe dag vir Liewe Jesus dankie sê vir jou!

Hier is jou sonar fototjie op 24 weke & 3 dae :



















Ek het gister-aand vinnig die nuwe Baba & Kleuter gesit en lees terwyl boetie in die bad was en het so opgewonde geraak oor jou koms terwyl ek elke liewe artikel so gesit en lees het, dit nie meer baie lank voor ons jou ontmoet nie, maar dit voel soos 'n ewigheid!
Liefies jou my biekie-baba!

Thursday, March 11, 2010

Zhanè : 22 weke & 5 dae

Hier is die nuuste foto wat mamma vanoggend van jou in my magie geneem het :















Jy raak nou lekker woelig hier in my magie.  Ek en jy het vanoggend baie lekker in die bad gespeel, want elke keer as ek van die lekker warm water op my magie gooi, dan het jy verskriklik baie binne in my magie gewoel.
Liefies jou my biekie-baba en sien jou weer een van die dae!

Zhanè : 22 weke & 5 dae

Hier is die nuutste foto van hoe vêr jy al in my magie gegroei het :