Monday, November 9, 2009

Drome....

Dalk soms, net soms word drome vinniger waar as wat mens dink....
Was die laaste twee maande op die ovulasie-calculator (aangesien ons probeer vir nommer 2), teen maand 2 dag 28 (30/10/2009) het nog niks gebeur nie, en het toe maar besluit om 'n tuis-toetsie te doen, en KABOOM!!! daar is 2 lyntjies.  Ek het gedog dat ek my dit half verbeel en het toe weer op Sondag (01/11/2009) nog een gedoen, en weer eens was daar twee lyntjies.  Ek en hubby het besluit dat ek maar daai Maandag (02/11/2009) sal gaan vir bloedtoetse, al vlieg hy weer daai Maandag-oggend vir die week Kaap toe.  Was tydens my etensuur by die dokter vir bloedtoetse, 6liter bloed en een helse gat in my arm later (en ja, dit is hoe dit vir my gevoel het!), sit ek angstig en wag vir die oproep. 
Teen 17h05 kon ek dit nie meer hou nie, en bel die dokter se spreekkamers....net om te hoor dat my bloedtoetse negatief is, die beta telling is 0.9!!!!  Ek het die hele Maandag-aand by die huis spandeer in trane, kon net nie ophou huil nie, ons was dan so seker.
Teen Vrydag (06/11/2009) en nadat "Liewe Tannie" missing in action is vir al meer as 7 dae, het ons weer 'n toets gedoen, en weereens was dit positief, ek het summier besluit dat ek 'n afspraak by die Ginekoloog gaan maak.
So, nou ja, "Liewe Tannie" is al vir 10 dae uitstedig en ons eerste afspraak by die Ginekoloog is gebook vir die 12de November 2009.
Tans weet niemand (behalwe selected few) van ons vermoede nie, sal eers al die vriende en familie laat weet as die Ginekoloog als vir ons 100% bevestig het.
Is ek opgewonde? Om eerlik te wees, weet ek nog nie of ek opgewonde is oor die idee nie.  Ek is een van daai wat eers 'n ding moet sien, voor ek dit kop, so miskien sal als werklik word met die eerste sonar.....

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.