To:.... Oupa Ben
Subject:.... Ons laaste gesprek
...my koffie staan langs my op die lessenaar, my een been onder my ingevou op die stoel, soos gewoonlik, my vingers tik, tik, tik op die sleutels van die keyboard terwyl ek sit en dink...
Die pad van Meyerton af gister was lank, maar dit het nie lank genoeg gevoel nie, want ek het die heeltyd met my emosies sit en worstel, myself voorberei op dit wat ek dalk mag sien as ek daar langs jou hospitaalbed staan.
...ek sit terug en vou my arms oor my bors...en dink verder...
Pa het my kom roep en ek het ingestap in die saal waar jy lê, die eerste paar minute kon ek myself nie kry om vir jou te kyk nie, ek het agter pa bly wegkruip, want ek was nie seker hoe ek dit sou kon hanteer nie. Dit het my 'n rukkie gevat om uiteindelik vir jou te kon kyk....jy het net daar gelê, weerloos. En terwyl ek so vir jou staan en kyk het ek gewag vir die pyn, die hartseer, die trane om my te oorval..., maar daar wat niks
...ek roer my koffie, links-om, tot al die suiker opgelos het, blaas liggies oor die koffie, vat 'n sluk en dink verder...
Terwyl ek daar staan met Tannie Quip wat al brabbelend vir die susters iets verduidelik en pa wat aan die ander kant van jou bed vir jou staan en kyk, bid ek, nie vir lank nie, maar ek bid. Ek vra die Liewe Vader dat al is dit die enigste ding wat ek uit hierdie hele ondervinding leer en wyser word, is dit net eenvoudig my begeerte om 'n beter mens te word. En na ek gebid het, staar ek net by die hospitaalvenster uit.
...my kop is seer, en my koffie is klaar...
Ek voel verlig, asof die gewig van my skouers af gelig is, en ek besluit - Ek is nou klaar vir jou kwaad gewees oor dinge wat in die verlede gebeur het, dinge waaroor ek geen beheer het nie en dinge wat ek nie kan verander nie, ek gaan dit eerder aanvaar. Ek is klaar met my "temper-tantrum" wat die hele situasie aanbetref, my pa het meer my ondersteuning nodig as wat ek nodig het om 'n tantrum te gooi. En in plaas daarvan om kwaad te wees oor die persone wat lief was vir my nie meer daar is nie, gaan ek eerder dankbaar wees dat die Liewe Vader wel jou so lank vir ons gespaar het, al was jy nie daar nie, al was ons nie daar vir mekaar nie. Want net soos wat ek kwaad vir jou was oor jy nooit deel van ons lewens was nie, net so moet ek skaam kry oor ek nie meer moeite gedoen het om deel van joune te wees nie.
...my voet slaap, en my kop is steeds seer...
En ek is jammer, jammer dat dit my so lank gevat het om dit alles te besef.
Benita
Monday, September 27, 2010
Friday, September 10, 2010
Wednesday, September 8, 2010
Zhané : 2 Maande, 1 week & 4 dae
Jy het vanoggend vir die eerste keer hardop uit jou magie gelag, en nie net een keer nie, maar sommer 3 keer, ek was so trots op jou dat ek sommer 'n gil van blydskap wougee, maar aan die ander kant was ek hartseer, want Pappa sit in Kenya en is nie hier om dit te kon sien nie, maar gelukkig is daar nog vele kere wat hy dit kan beleef.
Jy groei so mooi en word so vinnig groot, ek kan nie glo dat jy al amper 3 maande oud is nie, waar gaan die tyd heen?
Ek van myself gereeld waar ek net in jou ogies staar, ek kan nie glo hoe ongelooflik lief ek vir jou is nie. Ek wil vir jou (en boetie) net die beste gee, ek het julle lief met elke moontlike krieseltjie wat ek in my het, en kan myself nie een oomblik indink sonder julle twee in my lewe nie.
Ek is lief vir julle en wil hê dat julle dit nooit ooit moet vergeet nie, want julle is die rede vir my bestaan!
Ek is so lief vir jou my Biekie-Bouter!

Monday, September 6, 2010
Spring is in the air....
Kan nie glo hoe alles om my in 'n oogwink van vaal na groen verander het nie. Orals sien ek tekens dat lente uiteindelik hier is en dat die wereld daar buite weer besig is om die slaap uit sy oë te vee en sy pouvere reg te skid vir somer wat oppad is. Maar dit is asof September nie net die begin van lente aandui nie, dis asof September ook dieper betekenis het....'n nuwe begin, 'n nuwe lewe
Mag hierdie September ook 'n aanduiding wees dat ons nuwe begin aangebreek het, en dat ons die nuwe begin met volle vaart kan aanpak en 'n sukses daarvan maak. Wel ek glo ons sal, want met genoeg geloof en deursettingsvermoë is enige iets tog moontlik.
Ek het 'n moeilike naweek agter die rug, ons het Saterdag vir oupa gaan kuier, wat bed-lêend is agv van kanker. Pa wou graag gehad het dat hy vir Zhané sien, want jul weet nie hoe lank hy nog oorhet nie. Ek het vir meer as 'n week sit en top oor die kuier, want ek het nie geweet of ek kans sien daarvoor nie, ek het nie geweet of ek kans sien dat ou wonde weer van voor af oopgekrap word nie, wonde wat nog nie regtig behoorlik genees het nie. Maar so, ten spyte van al die twyfel, is ons Saterdag oggend vroeg uit die huis, oppad na pa toe, oppad na oupa toe.
Dit was moeilik om hom so te dien lê, half hulpeloos, afhanklik...en siek. Dit het my stil stil gebreek en elke oomblik daarvan was emosioneel uitputtend vir my gewees.
Maar wat my net soveel ontstel het is die feit dat ek nie 'n behoorlike gesprek met hom kon hê nie, want waaroor praat ons, hy was nooit regtig deel van ons lewens gewees nie, hy was nooit daar gewees nie.
Dit is net so blerrie moeilik!

Subscribe to:
Posts (Atom)