Thursday, January 6, 2011

Zhane : 6 Maande (28/12/2010)

Liewe genade sussie, mamma kan nie glo dat jy al 6 maande oud is nie!  Tyd gaan so vinnig verby en jy raak te vinnig groot!
Jy kan al op jou eie sit en val nog net so af en toe bietjie om, jy drink nie net meer melkies nie maar eet ok al nou kossies, in die oggende kry jy pappies, vir middag ete kry jy vrugte en in die aand kry jy tuisgemaakte groente.  Mamma kook so een keer 'n week vir jou groente wat ons dan fyn maak en in botteltjies uitskep en vir jou in die yskas bere.
Jy ontwikkel letterlik elke dag al hoe meer en meer in 'n klein mensie, vol geluide, geselsies, giggels en laggies.  Boetie kan jou vir ure vermaak en laat lag met al die simpel goedtjies wat hy doen. 
Jou roetine was die laaste ruk bietjie deurmekaar met die groot trek gewees, maar jy is sommer vinnig weer besig om aan te pas, en jy en boetie geniet al die aandag vanaf ouma en Markie sommer verskriklik baie.
Op di stadium werk mamma nog nie, so ek en jy is deur die dag by die huis terwyl boetie hom gate uit geniet by sy nuwe skool.  En een van die dae, as Mamma begin werk gaan jy saam met boetie na Tannie Martie toe gaan, waar jy allerhande nuwe en opwindende dinge gaan leer.
Liefies jou my liewe lawwe Biekie-bouter!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.