Dit is al meer as ‘n maand na my laaste blog, en soveel dinge het intussen gebeur. Ons bly nou amptelik in Meyerton, die trek was vinnig verby, dalk te vinnig na my sin, want toe ek my oe uitvee, toe moes ek totsiens se aan my geliefde Pretoria…en dit was moeilik. Ek het juis Pretoria toe getrek om myself te vind, groot te word, mens te word. Dis waar ek die liefde van my lewe ontmoet het, dis waar ons saam gegroei het, aan ons toekoms begin werk het, dis waar ons kiddies gebore is, dis waar ons goeie tye en slegte tye gehad het.
Pretoria was vir meer as 7 jaar diep ingewortel in my menswees en my bestaan, ek het die buzz van die stad ge-crave soos ‘n junkie sy volgende fix. Die dolle gejaag het perfek ingepas in die dolle warboel van my gedagtes, dit was een met my hartklop, deur my are gepols…
Nou is dit rustig, soms dalk net te rustig, hier bestaan nie iets soos verkeer nie, hier is dan nie eens een blerrie robot in hierdie dorp nie, for crying out loud, hier is dan nog flippen grondpaaie!
Maar as ek vir ‘n oomblik gaan sit en dink hoekom ek dit gedoen het, hoekom ek die stad opgeoffer het vir ‘n stofpad-dorp, sal ek dit enige tyd weer doen sonder om twee keer daaroor te dink. Ek het dit gedoen om die besluit wat my man geneem het, te ondersteun, om daar vir hom te wees, om hom te wys hoe trots ek regtig op hom is. Want sien, die besluit wat hy geneem het, was nie net vir homself nie, dit was vir ONS, vir ons as gesin gewees, vir ons toekoms!
Ek sal steeds lief bly vir Pretoria, vir sy liggies en sy pers Jakaranda strate, vir die geleenthede wat hy ons geoffer het, vir die memories wat hy ons gegun het, vir die pelle wat ons agter gelaat het, die laat-aand kuiers om die vuur, die geselsies by die hek saam met die bure….
Maar….laat ek my glas lig en ‘n heildronk instel op Meyerton, op die nuwe geleenthede wat le en loer, vir die nuwe vriende wat gemaak moet word, vir die nuwe, groter en exciting dinge wat vir ons le en wag….
En so, met ‘n skewe glimlag op my gesig, stap ek tussen die hoenders op die grondpad deur met ‘n stofreuk in my neus
Friday, January 21, 2011
Thursday, January 6, 2011
Zhane : 6 Maande (28/12/2010)
Liewe genade sussie, mamma kan nie glo dat jy al 6 maande oud is nie! Tyd gaan so vinnig verby en jy raak te vinnig groot!
Jy kan al op jou eie sit en val nog net so af en toe bietjie om, jy drink nie net meer melkies nie maar eet ok al nou kossies, in die oggende kry jy pappies, vir middag ete kry jy vrugte en in die aand kry jy tuisgemaakte groente. Mamma kook so een keer 'n week vir jou groente wat ons dan fyn maak en in botteltjies uitskep en vir jou in die yskas bere.
Jy ontwikkel letterlik elke dag al hoe meer en meer in 'n klein mensie, vol geluide, geselsies, giggels en laggies. Boetie kan jou vir ure vermaak en laat lag met al die simpel goedtjies wat hy doen.
Jou roetine was die laaste ruk bietjie deurmekaar met die groot trek gewees, maar jy is sommer vinnig weer besig om aan te pas, en jy en boetie geniet al die aandag vanaf ouma en Markie sommer verskriklik baie.
Op di stadium werk mamma nog nie, so ek en jy is deur die dag by die huis terwyl boetie hom gate uit geniet by sy nuwe skool. En een van die dae, as Mamma begin werk gaan jy saam met boetie na Tannie Martie toe gaan, waar jy allerhande nuwe en opwindende dinge gaan leer.
Liefies jou my liewe lawwe Biekie-bouter!

Thursday, December 9, 2010
'n Biekie-blink-bos-Kersfees shoot
Mamma het haar heel eerste photo shoot gedoen, en julle twee was heel onbenullig my modelle. Vir beter modelle kon ek natuurlik nie vra nie, al moes ek jou (Hanco) bietjie "bribe" om te kom en "pose" vir my....
Julle twee Biekie's is net stunning en mamma lief jul tonne te veel!
Friday, December 3, 2010
Reëndruppels teen my ruit.....
Oppad werk toe vanoggend "ping" my Blackberry op die sitplek langs my, en, so tussen die bestuur deur, lees ek gou die boodskap met een oog...skielik besef ek hoekom dit juis vanoggend moes reën, elke druppel teen my ruit is 'n traan wat deur 'n Engel gestort word...Nikky het vanoggend haar man aan kanker verloor, klein Jordan het vanoggend sy pappa verloor....
Ek sluk swaar en sukkel om deur die trane verder te bestuur, want dit is hartseer, dit is onregverdig!
Vir 'n oomblik is ek kleinlik in my geloof, want vir daai oomblik vra ek die Liewe Vader "hoekom?", hoekom moes sy haar man, haar eggenoot, haar vriend, verloor, hoekom moes klein Jordan sy daddy verloor, hoekom moet dit met goeie mense gebeur, hoekom is hul nie hul geluk gegun nie, hul oomblik in die son?
Weereens leer ek om dankbaar te wees vir dat wat ek het, vir dit wat my gegun word elke dag, die oomblikke saam my Biekie's, die oomblikke saam my Bollie, elke asemteug en oogknip, die wind wat ek deur my hare voel speel, die son saggies op my wang, die sonsopkoms, en die maan wat ons sagkens toevou in sy donker kombers waarop helder sterre pryk!
Ek leer ook dat die krag van 'n vrou nooit onderskat moet word nie, dis onmeetbaar!
"Liewe Vader, dankie vir elke oomblik wat U aan my leen, die geleenthede wat U my skenk, dankie vir die geluk, vreugde, liefde en vrede wat ek saam met my familie kan deel, leer my weereens om opreg dankbaar daarvoor te wees en dit nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. Maar Liewe Vader, ek dra vir Nikky, Jordan en hul familie aan U op Vader. Dra hulle deur hierdie hartseer tyd, hou hul styf teen U vas, vertroos hulle, omhels hulle en bewaar hulle. Wees U daar wanneer hul alleen is, droog hul trane af. Help ons om steeds in U goedheid en genade te glo, al gaan ons deur moeilike tye. Dankie vir U liefde en seën! Amen"

Zhané : 5 Maande & 4 dae
Jy het gister aand vir die eerste keer regte self omgerol vanaf jou magie na jou rug, weer om na jou magie en toe weer na jou rug. Jy het letterlik die hele TV Kamer vloer rolgerol gisteraand. Mamma was so opgewonde en trots op jou!
Liefies jou my Biekie-bouter!
Liefies jou my Biekie-bouter!
Monday, November 29, 2010
Zhané : 5 Maande!
Jou vordering is so goed en mamma is so trots op ou, jy bemeester elke dag iets nuuts. Jy is om 'n avontuur-tof en ontdekkigingsreis van jou eie, jy verstaar jouself en bewonder als om jou, en dit is asof jy nie genoeg van als kan kry nie.
Ons het begin met die vaste kossies en tot dusvêr toe gaan dit redelik goed, alhoewel jy in die begin niks van die pappies wou weet nie, eet jy dit nou soos 'n wenner! Jy kry in die oggende en in die aande met jou pappies en mamma gaan binnekort met groente en vrugte ook begin, so ek hoop dit gaan so goed as wat dit met die pappies gaan.
Jy en boetie kan tog so lekker saam speel, en vir alles wat hy doen, lag jy te lekker! Ek is so bly as ek sien dat julle twee so goed oor die weg kom, hoop net dit hou vir so lank as moontlik so aan.
Ons is lief vir jou, ons klein Biekie-bouter!
Friday, November 12, 2010
Zhané
Vandag, presies 1 jaar terug, het mamma en pappa baie opgewonde vir al die vriende en familie laat weet dat jy oppad is! Jy was 'n volle 5 weke en 5 dae oud!! En vandag is jy al 4 en 'n half maande oud! Ek kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg nie, dit is skrikwekkend. En as ek my oë uitvee staan jy voor my in jou matriek-afskeid rok, of dalk nog erger...jou trourok!
Al wat ek wel weet is dat ek verskriklik lief is vir jou en my lewe nie een dag sonder jou of Hanco kan indink nie!
Mamma is onsettend lief vir jou my Biekie-bouter!
Al wat ek wel weet is dat ek verskriklik lief is vir jou en my lewe nie een dag sonder jou of Hanco kan indink nie!
Mamma is onsettend lief vir jou my Biekie-bouter!
Subscribe to:
Posts (Atom)