Thursday, October 29, 2009

met 'n pouveer in my hoed

"Sy" is deesdae by amper elke kruising te sien, daar waar sy met haar kiddie aan haar sy staan.  Soms met 'n vriendelik glimlag, en soms probeer sy maar ongesien verby jou kyk terwyl jy haastig besig is om jou neus in die lug te gooi en die kar se ruit toe te maak....
Maar maak dit regtig saak of sy daar staan oor sy MOET en of sy dit doen "net-vir-sommer"?

Mag sy weer glo in geluk?
Mag sy weer glo in goedheid?
Mag die son vir haar weer skyn?
Mag ons oordeel en is ons verhewe?

En dan onthou ek die post-it in my Bybel by die teksvers wat my elke dag onthou dat soos wat Hy vir die mossies sorg, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons, Sy kinders, sorg nie!


Dus begin ek stadig om al die free-be's in my Sarie's, Rooi Rose & Baba en Kleuter's bymekaar te maak, saam met al die "toys" wat boeta elke keer by die Kits-kos Restaurante kry (hy het defnitief nie albei van alles nodig net sodat dit teen morê-aand verlore en verlate die hele huis kan vol lê nie).  Ek wil dit graag vir haar gee, want net vir sommer!
 
.....Mag die mossie, al is dit net vir een enkelle oomblik soos 'n spoggerige pou voel.....


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.