Tuesday, March 30, 2010

Hanco : Paasfees

Met paasfees wat om die draai vir ons lê en loer kan ons nie ophou dink aan al die lekker paaseiers en sjokolade paashasies wat ons gaan opeet oor paasnaweek nie. 
Maar jy het mamma vanoggend weer herinner waaroor paasfees eintlik gaan, want toe ek jou vanoggend by die skool gaan aflaai toe sien jy die groot kruis wat hul uit stringe liggies gemaak het wat voor jul skool staan, jy het baie opgewonde vir my die kruis gewys en an my verduidelik dat dit 'n kruis is, jy het ook jou armpies in die vorm van 'n kruis gemaak.  Daarna het jy my baie entoesiasties vertel dat Liewe Jesus aan sy hande aan die kruis vas gespyker is.
Alhoewel ek nog nie dink dat jy die hele konsep agter dit alles verstaan nie, was jou verduideliking vanoggend oor as genoeg vir mamma om my weereens te herinner waaroor dit eintlik gaan.
Dit gaan nie oor paaseiers, sjokolade hasies of skattejag nie, dit gaan oor die feit dat Liewe Jesus aan die kruis vir ons sondes gesterf het en so vir elkeen van ons die kans gegee het om te kan Hemel toe gaan.  En ek en Pappa wil jou en Zhanè elke liewe dag daarvan bewus maak dat Liewe Jesus ons Groot Verlosser is en dat sonder Hom ons eintlik verlore is. 
Dankie dat jy, so klein en onskuldig soos wat jy is, my daaraan herinner het.
Mamma is tonne en tonne lief vir jou my Biekie-Baba!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.