Thursday, March 25, 2010

Zhanè : 24 weke & 3 dae

Ons (ek & Ouma Ella) was Dinsdag by die dokter om weer bietjie te kyk hoe dit met jou gaan en als gaan nog voor die wind!  Jy weeg al 'n hele 572g en die dokter is baie beindruk met jou vordering.  Jou stampies en stote word ook elke dag al hoe meer en al hoe duideliker, en soos wat mamma nou hier sit en tik gaan jy lekker woelig te kere daar binne.  Dit is eenvoudig net so amazing om jou te voel groei en beweeg, en ek besef elke liewe dag hoe geseënd ons is om swanger te kan wees en watse groot geskenk jy is!  En ons kan net elke liewe dag vir Liewe Jesus dankie sê vir jou!

Hier is jou sonar fototjie op 24 weke & 3 dae :



















Ek het gister-aand vinnig die nuwe Baba & Kleuter gesit en lees terwyl boetie in die bad was en het so opgewonde geraak oor jou koms terwyl ek elke liewe artikel so gesit en lees het, dit nie meer baie lank voor ons jou ontmoet nie, maar dit voel soos 'n ewigheid!
Liefies jou my biekie-baba!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.