Thursday, April 15, 2010

Zhanè : 27 weke & 5 dae

Hi daar my poplap;

Mamma wil maar net so bietjie weer update op jou jongste doen en late, so hier is 'n foto van jou in my magie wat ek vroeër in die week geneem het :

(27 weke & 4 dae)




















En soos jy kan sien het jy al lekker gegroei hier in my pensie. 

Ek en pappa gaan weer die 22ste April dokter toe, dan kan ons weer bietjie sien hoeveel groter jy geword het en wat presies jy als hier binne in my magie aanvang.  Ek het vanoggend op my rug op die bed gelê sodat pappa jou weer bietjie kon voel skop en beweeg, en hy was baie beindruk met jou!  Dinge begin nou so stadig maar seker in plek val, dis nog net 10 weke voor jy jou opwagting maak, en mamma wil hierdie maand kyk of ons die laaste van jou goedtjies kan gaan koop, die res van die goed sal maar moet wag tot na jou Ooievaars, wat die 29ste Mei gaan wees, en dan daarna kan ons rustig begin seker maak dat als reg en gereed is vir jou koms. 

Hier is 'n voorbeeld van die uitnodiging van jou Ooievaars :














Ek en Tannie Monzelle is ook besig om mamma se "preggie photoshoot" te beplan, sy gaan lekker baie foto's van jou (in my pensie) saam met my, pappa en natuurlik Hanco neem sodat ons dit kan bêre om eendag vir jou en Hanco te wys.

Mamma begin al die wekies aftel tot jou geboorte en is so opgewonde, ons kan ook nie meer wag om jou aan Hanco voor te stel nie, mamma kan nie wag om sy reaksie te sien as jy eers daar is in lewende lywe nie. 

Maar tot en met dan, soet wees my engel en liefies jou!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.