Monday, May 3, 2010

Hanco : Skool Rapport & nog meer

Hi daar my Biekie-Baba;

Jy het laas Vrydag (23/04/2010) jou heel eerste skool rapport gekry, en alhoewel dit niks ernstig was nie, was ek buite myself van opgewondenheid daaroor :

Aan die een kant is mamma bly dat jy so mooi groei en ontwikkel, maar aan die ander kant mis ek jou klein biekie-baba lyfie, ek mis die idee dat jy nie meer so afhanklik van my en pappa is nie en dat jy al hoe meer jou eie ding begin doen en op jou eie ontwikkel.  Jy is 'n mensie op jou eie, met jou eie karaktertjie en jou eie voorkeure in die lewe, en ek kan myself net elke dag sit en verwonder aan jou en hoe jy net al hoe meer onafhanklik word.  Mamma en Pappa is so trots op jou, en is trots op die feit dat jy ONS biekie-baba is!

Pappa het Saterdag (01/05/2010) terug gekom van Duitsland af, waar hy vir die week was, en ons (saam met oom Heinrich) het hom gaan optel by die lughawe.  Jy was so opgewonde om al die groot vliegtuie te sien by die lughawe, maar jy was nog meer opgewonde op jou pappa deur daai groot glas-deure te sien stap, dat jy skoon uit my arms gespring het en deur die skare mense met jou armpies wawyd oop gestrek na hom toe gehardloop het, dit was beslis 'n vruegdevolle verwelkoming vir pappa gewees.  Hy het vir jou 'n klein skaal-vliegtuig terug gebring van Duitsland af, een wat presies lyk soos die een waarmee hy gevlieg het, en jy is omtrent beindruk met jou nuwe speelding!

Mamma gaan vir eers weer 'n bietjie groet, soet wees en liefies jou!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.