Tuesday, April 12, 2011

Zhané : Doop (03/04/2011)


Ons het jou op die 3de April 2011 laat doop. Alhoewel jy nog te klein is om te verstaan waaroor dit gaan en waarom ons dit doen, het mamma en pappa ‘n plig teenoor Liewe Jesus om jou so na aan Sy Woord as moontlik groot te maak, dit is basies ons manier om vir Hom dankie te sê vir die wonderlike voorreg wat ons gegun is om ‘n mamma en pappa te kan wees, en hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.

Ouma Hettie het vir jou die mooiste moontlike rokkie gemaak, en jy het soos ‘n klein prinsessie in jou rok gelyk!

Ouma en Oupa Botha het van die Kaap af gekom vir jou doop (eintlik vir Oom Rayner se grade-plegtigheid, maar ten minste was hul hier om die groot dag saam met ons te kon vier). Hulle het vir die hele naweek by ons gekuier, en dit was so lekker dat hulle ook bietjie die kans kon kry om tyd saam met jou en boetie te spandeer. Ek is seker dat hulle julle sommer verskriklik baie mis


Oupa Deon het jou by die kerk ingedra, wat vir mamma trane in haar oë gegee het, dit was so great en spesiaal! Ek sou graag dat hy vir boetie ook die kerk kon indra met sy doop, maar dit is Oupa Hardus se voorreg gewees, oor dit die eerste kleinseun aan pappa se kant van die familie was. Maar gelukkig het Oupa Deon die keer ook ‘n beurt gekry.
Ons het so lekker saam gekuier met jou doop, saam met al ons wonderlike familie en vriende het ons die kans gehad om hierdie baie spesiale dag van jou vier!
Mamma en Pappa is so geseën om twee sulke wonderlike kinders soos jy en boetie in ons lewens te hê, ons kan ons nie 'n oomblik sonder julle indink nie en als wat ons doen, doen ons ter wille van julle, want julle verdien ons onverdeelde aandag en liefde, want julle is ons geluk, vreudge en seëninge!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.