Tuesday, April 12, 2011

Zhané : 9 Maande (28/03/2011)


Askuus my skat, mamma vra onverskoning dat ek bietjie laat is, maar dinge is maar bietjie choas die laaste ruk, maar hopenlik maak ek op met die een.

My liewe genade my Biekie-bouter, hoe vinnig gaan die tyd nie verby nie, en mamma kry deesdae so min kans om vir julle te skryf, dat dit my soms bietjie hartseer maak, want ek wil so graag elke denklike oomblik saam met my Biekie’s spandeer, maar dit nie altyd moontlik nie.

Jy het so baie gegroei en ontwikkel vandat ek laas vir jou geskryf het, jy sit al so mooi alleen, verken die wereld om jou met jou handtjies (en soms sommer met jou mondtjie ook), kan ure aaneen met jou boetie speel, maar het ook nou al geleer of vinnig jou stemmetjie harder te maak en met hom te “raas” as hy te veel aan jou karring. Jy steek al jou handtjies in die lug as een van ons naby genoeg kom om jou op te tel, en raak super opgewonde as jy ‘n bekende gesig raaksien.

Jou geluidtjies raak ook al hoe meer en meer, daar is al da-da-da, ta-ta-ta, na-na-na, la-la-la en ba-ba-ba. Jy maak ook deesdae sulke snaakse pap-bek-soentjies (wat Mark jou natuurlik geleer het).

En die beste van als…jy raak mobile! Ons sal dit nog nie regtig kruip nie, dit lyk meer soos ‘n mengsel tussen leopard crawl en soos ‘n wurm wat seil, want jy trek jou vorentoe met jou handtjies en stoot jouself dan met jou toontjies, tot jy kom waar jy wil. Ek moet ook erken, met die wat jy mobile raak moet ons 10 keer meer versigtig met jou wees, want jy het nou al 2 keer van mamma se bed afgeval en jou stamp soms jou mond / kop teen die goed soos wat jy balans verloor. Jy begin ook al om jouself teen die meubels op te trek en staan dan ewe trots vir die wereld en kyk.

En raai wat??!! Jy het jou eerste tand op 8 maande & 3 weke gesny!!!! En 2 daggies later het jy jou tweede tande gesny. Altwee tandtjies steek al so mooi uit, maar sodra ons ‘n foto probeer neem steek jy jou tandtjies met jou tongetjie weg….klein rakker

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.