Monday, May 23, 2011

Bugs en butterflies in die Biekie-bos

Daar is 'n geskarrel, daar is 'n geroer, mondtjies fluister...oortjies luister
In die Biekie-bos word daar beplan, gesoek en gedink, want daar gebeur een van die dae baie spasiale dinge in die Biekie-bos....
 
Jip, dit is amper Biekie-bouter se HEEL EERSTE verjaarsdag, en Biekie-Baba word amper 'n volle-handtjie VYF jaar oud!!
Mamma-Biekie skarrel verboureerd rond, bekommerd dat sy nie betyds als gereĆ«l gaan kry nie, sy wil seker maak dat als presies reg is vir Biekie-bouter se verjaarsdag, al gaan sy nie veel onthou nie, bly dit steeds haar HEEL EERSTE verjaarsdag. 

Mamma-Biekie het besluit om die hulp in te roep van goggas en bottervliegies, net om die spesiale dag so tikkie ekstra meer spesiaal te maak.

En na Biekie-bouter se vejaarsdag is dit amper Biekie-baba s'n.  Mamma-Biekie kan hom seker nie meer Biekie-baba noem nie, aangesien hy amper 'n hele handtjie-vol vyf gaan word.  Maar vir Biekie-Mamma sal hy altyd haar Biekie-baba bly.  Hy was tog mos immers haar heel eerste Biekie!

En so deur al die geskarrel deur, kan Mamma-Biekie dit nie help om tog so bietjie stil te sit en verlore te raak in al die wonderlike gedagtes van haar Biekie's nie, want al bly hul haar Biekie's is sy sommer net biekie-baie lief vir hulle!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.