Monday, May 2, 2011

Wanneer is net nog een te veel?

Hoe kan als in 'n oogwink van 'n great aand saam met vriende en familie in 'n aand van choas verander?? Wanneer net nog een, een te veel word...
Wanneer "net nog een" die lewe van 'n onskuldige persoon in 'n oogwink verander, hul hele bestaan deurmekaar ruk, en verwoesting, hartseer, trane en verwyt agter gelaat word...
Wanneer die bande van jarelange vriendskappe beproef word en op die prys gestel word vir "net nog een"...
Wanneer onskuldige kinders aan die wrede monsters van die lewe moet blootgestel word en met onskuldige, maar tog vreesaanjaende ogies, na dit wat besig is om te ontvou, moet kyk...
Wanneer geld nie meer 'n prys het nie, net solank daai persoon wat seer het, gehelp kan word
Wanneer 'n mens so hulpeloos voel, maar tog als in jou vermoe doen om dinge net beter te maak, en net erens 'n beginpunt soek om al die skerwe bymekaar te maak en weer aanmekaar te sit...

Dit wat ek die naweek beleef het en moes deurmaak, wens ek niemand toe nie, dit is traumaties om die minste te se. Dit laat jou besef wie en wat in die lewe vir jou belangrik is en wat mens nie als sal doen om dit te beskerm nie.
Ek het nog nooit my ma so weerloos gesien soos wat ek die naweek gedoen het nie. Haar krete van hulp en pyn gaan by my vir die res van my lewe spook, dit gaan my nooit alleen los nie, dit gaan my nooit laat vergeet nie.
Die feit dat ek as ouer toegelaat het dat my kind aan sulke omstandighede blootgestel was, gaan my vir altyd laat wonder of ek as ouer nie my kind gevaal het nie...
Sy was en is onskuldig, sy het dit nie verdien nie, maar tog is sy vandag die een wat met die nagevolge daarvan sit, tog is sy die een wat in die koue hospitaalbed le en wag vir verdere nuus.
Ek wens ek kon dit als verhoed of vermy op een of ander stadium, wens ek was daar op daai presiese oomblik om haar te beskerm teen die seer. Maar ek kon nie...

Dit wat gebeur het, bly in my kop maal en maal, as ek stil word hoor ek dit, as ek my oe toemaak, sien ek dit. Ek kry nie ontsnap daarvan nie, die kloue van wreedheid klem my nog te styf vas.

Wanner is "net nog een" een te veel...

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.