Wednesday, August 18, 2010

Hanco : Jou 4de verjaarsdag (18/08/2010)

Terwyl jy hier rustig op jou matrassie le en slaap na 'n besige en woelige daggie, sit mamma vir jou en kyk met 'n oorvloed emosies, want jy verjaar vandag en vandag is jy al 4 jaar oud!
Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd verby gegaan het nie, en dit voel beslis nie soos 4 jaar terug wat mamma jou pasgebore lyfie styf teen my vasgedruk het en gehuil en gelag het van blydskap nie, dit voel soos gister.
Maar wat 'n wonderlike "journey" was die laaste 4 jaar nie vir ons gewees nie, om elke oomblik van jou ontwikkeling en vordering saam met jou te kon deel en te sien hoe jy groei, ontwikkel en ontdek. Dit is eenvoudig net amazing vir ons om jou in one lewens te he, want jy vul elke oomblik daarvan met vreudge, plesier en liefde, en ek kan myself nie een oomblik indink sonder jou nie!

Ek het jou vanoggend wakker gemaak met 'n gesingery en 'n cupcake. Jy het met glinsterende ogies wakker geword en opgewonde die kersie doodgeblaas. Daarna het ek, jy en sussie net lekker gecuddle en gespeel op die bed, want ek het besluit dat jy nie vandag hoef skooltoe te gaan nie. Dit was lekker, dit was spesiaal.
Pappa het jou vanoggend uit Namibia gebel om vir jou geluk te se, maar ek kon aan Pappa se stem hoor dat hy baie hartseer is oor hy nie by die huis kon wees om die dag saam met jou te deel nie.
Teen 10uur het ek en jy (Tannie Hettie het vir sussie opgepas sodat ek en jy bietjie alleen-tyd kon he) skool toe gery om vir al jou maatjies cupcakes te vat. Hulle het jou baie opgewonde gegroet by die skool met "Happy Birthday Hanco", Jufrou Charlotte het vir jou 'n seerower hoed gegee en almal het vir jou gesing, waarna jy vir elkeen van jou maatjies 'n cupcake uitgedeel het, daarna het julle almal baie lekker saam gaan speel.

Daar het soveel mense gebel en boodskappies vir jou gestuur om geluk te se met jou verjaarsdag, wys jou net watter spesiale seuntjie jy eintlik is.

Jy moet jou daggie geniet my Biekie-baba, dankie vir die wonderlike en oulike seuntjie wat jy is. Dankie dat jy ons lewens met liefde vul, en dankie vir Liewe Jesus dat Hy jou vir ons gegee het! Mag nie net die jaar nie, maar alles wat vir jou voorle eenvoudig wonderlik en amazing wees. Seeninge word oor jou uitgespreek om elke minuut van elke dag oor jou lewe te spoel.
Ons is regtig so baie liefies vir jou my Biekie-Baba!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.