Tuesday, August 17, 2010

Net sommer weer.....

Net om sommer weer hallo te sê, net om sommer weer die warboel op skrif neer te lê en van die choas in my kop ontslae te raak...net om sommer weer...
Daar is soveel dinge dat ek nie regtig weet waar om te begin om van als ontslae te raak nie, die great stuff, die bekommernisse, die nuus, en net sommer die alles.

Guilm is vir die week weer in Namibia, nadat hy laas week vir 3 dae in Oos-London was, dit het soos 'n berg voor my uitgestrek gelê want ek het geweet dat ek vir die eerste keer vandat Zhané gebore is, op my eie gaan moet cope met die twee kiddies, op my eie die huishouding aan die gang moet hou, op my eie die roetine gaan moet handhaaf, en ek was vreesbewange, want ek was 100% seker dat ek nie die mas sou kon opkom nie!
Maar ek het myself verkeerd bewys en net weereens besef dat ek tot meer instaat is as wat ek myself soms toelaat om te wees, kyk dit gaan nie altyd maklik nie, maar ek swem nog.....

Ek het tot selfs al die winkels aangepak, my grootste uitdaging tot op hede, en so het ek die werklike betekenis van "multi tasking" ontdek, want dit was ek, met doeke sak op die rug, die stootkarretjie met sussie in haar karstoeltjie in, handsak om die handvatsels van die stootkarretjie, en Hanco tesame met die kruideniers in 'n trolley, en so is ek al stotend en trekkend deur Mall@Reds. Needless to say, ek is sommer heeltemal beindruk met myself daarvoor!

En ek mis my Lollie-Bollie te veel! Deur die dag is dit ok, want dan is daar die kiddies en werk wat my aan die gang hou, maar dit is die aande wat my die meeste vang, wanneer die kiddies slaap en dinge in die huis begin rustig raak, dan is dit wanneer ek regtig besef hoe baie ek hom mis en graag hom langs my sou wou hê, en dan wens ek die dae verby, net sodat hy wer kan huistoe kom!
Dis Woensdag Hanco se 4de verjaarsdag en dit is die eerste verjaarsdag wat Guilm nie by die huis gaan wees nie. Ons het al Sondag Hanco se geskenk vir hom gegee net sodat Guilm die uitdrukking op sy gesig kon sien as hy sy geskenk oopmaak. En was hy omtrent nie verras oor sy geskenk nie!
Vanaand is dit weer die groot bak en versier in ons huis, mamma moet vanaand die cupcakes bak wat moet saamgaan skool toe morê, 'n hele ±35 van hulle. Het al die bestandele vanoggend gekoop, so vanaand is dit lekker bak en brou!

En soos wat ek aangaan vloei die een ding na die ander uit my gedagtes en deur my vingers, wat nie vinnig genoeg die sleutels van die keyboard gedruk kan kry nie, die gedagtes is te veel....te vinnig

En soos wat ek verlore raak tussen die gedagtes en die klank van die knoppies op die keyboard, moet ek myself so dan en wan herinner om op te kom en eers bietjie asem te haal, want die gedagtes is "consuming" en aanhoudend...sonder end, sonder stop

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.