Thursday, March 11, 2010
Monday, February 22, 2010
Zhanè : 20 weke & 2 dae
Mamma was presies halfpad swanger met jou gewees Saterdag, kan dit nie glo nie!! En vandag oor 18 wekies maak jy jou opwagting (via Keiser). Kan nie glo die tyd het so vinnig verby gevlieg nie, dis amper tyd vir ons om jou te ontmoet!! Ek wil hierdie week begin "shopping" doen vir al jou goedtjies, en het die naweek die oortreksels van jou stootkarretjie en drastoeltjie weer lekker mooi skoon gewas.
Jy is verskriklik woelig die laaste ruk, ek kan nou al jou stampies en skoppies begin voel, meestal oor elke liewe een van hulle presies op my blaas gebeur, pappa kon Saterdag aand lekker voel hoe jy skop, want jy was baie woelig gewees. Ek speel ook nou gereeld vir jou musiek, en ek dink jy hou daarvan, want elke keer as ek dit vir jou speel, dan begin jou woel en beweeg daar binne.
Ons volgende afspraak is die 23ste Maart 2010, kan nie wag om jou weer te sien nie my prinses!

Wednesday, February 17, 2010
Zhanè : Dokter's besoek
Mamma het vandag weer bietjie vir jou gaan loer, Pappa kon ongelukkig nie saam kom nie, hy moes weer opleiding gee hierdie week, waaroor hy baie hartseer was, want hy sou so graag wou saam gaan, maar nou ja.
Volgens die dokter gaan dit baie goed met jou en groei jy baie mooi, jy weeg al 307g en jy is defnitief 'n dogtertjie, waaroor mamma baie bly is, want ek was baie bang jy besluit om eerder in 'n seuntjie te verander, en nou dat ons defnitief weet kan ons lekker begin "shop" en vir jou allerhande mooi goedtjies begin koop.
Het vandag met Ouma Elmarie gepraat en sy kom dalk saam volgende keer as ons vir die volgende scan gaan, wat baie nice sal wees!
Hier is jou sonar fototjie van vandag :
19 Weke & 4 dae oud :
O ja, Mamma kon nie lekker verstaan hoekom ek so effens ongemaklik is deesdae nie, tot die dokter die scan gedoen het en vir my gewys het dat jy moet jou voetjies na onder lê en lekker op mamma se blaas trap, skop en dans, en jy is bietjie woelig vandag, want ek kan omtrent elke liewe bewegingkie wat jy maak voel, wat so lekker is, want dan weet ek dat als ok is.
Jy moet nou sterk groei en lekker speel daar binne, liefies jou!
Volgens die dokter gaan dit baie goed met jou en groei jy baie mooi, jy weeg al 307g en jy is defnitief 'n dogtertjie, waaroor mamma baie bly is, want ek was baie bang jy besluit om eerder in 'n seuntjie te verander, en nou dat ons defnitief weet kan ons lekker begin "shop" en vir jou allerhande mooi goedtjies begin koop.
Het vandag met Ouma Elmarie gepraat en sy kom dalk saam volgende keer as ons vir die volgende scan gaan, wat baie nice sal wees!
Hier is jou sonar fototjie van vandag :
19 Weke & 4 dae oud :
Jy moet nou sterk groei en lekker speel daar binne, liefies jou!
Tuesday, February 16, 2010
Hanco & Zhanè : Betekenis van jul name
"Hanco is a Hebrew male name. The meaning of the name is 'God's grace'"
(Dit is alleen deur God se genade dat jy (en Zhanè) aan my & Pappa toe vertrou is, want sonder Hom was niks moontlik nie!)
"Zhane is a English girl name. The meaning of the name is `Gift of God`"
(En dit is presies wat jy (en Hanco) vir ons is, geskenke van God af, en ons kan nie genoeg dankie sê daarvoor nie!)

Zhanè : Jou reis tot dusvêr (19 w & 3 d)
Hi daar sussie, wel Mamma hoop dat jy darem nog 'n sussie is, maar ons sal morê sien en 100% seker maak. Jy skop en woel nog nie regtig baie nie, maar dit sal seker een van die dae verander. Mamma is amper 20 weke swanger met jou, wat beteken dat ons nog net 19 wekies oor het voor ons jou ontmoet en jy jou opwagting maak. Ons is baie opgewonde! En soos jy seker al kan hoor gesels Hanco gereeld met jou en kry jy gereeld soentjie en drukkies van hom af. Ons is lief vir jou en kan nie wag om jou welkom te heet nie!
Hier is jou eerste 3 sonar foto's en 2 foto's van hoe jy tot dusvêr toe in Mamma se pensie gegroei het :
(12/11/2009)
5 weke & 5 dae oud
Hartklop : 97 spm
(17/12/2009)
11 weke & 2 dae oud
Hartklop : 168 spm
Lengte : 44.2mm

(20/01/2010)
15 weke & 4 dae oudGewig : 128g
Geslag : Dogtertjie (met 90% bevestiging)
Mamma se magie op 15 weke & 2 dae
Mamma se magie op 19 weke & 3 dae
Hanco : 'n Nuwe begin
Jy het hierdie jaar by Wierda Wonderland Kleuterskol begin, na jy vir meer as 2 jaar deel van Tannie Trudie & Siena se lewens was.
Jy geniet die kleuterskool en al die nuwe maaitjies verskriklik baie, al was jy in die begin 'n bietjie skaam. En jy het sommer dadelik in almal se harte ingekruip. Jou juffrou hierdie jaar is Juffrou Charlotte, wat baie lief vir jou is!
Hier is 'n foto van jou in jou "skool uniform" :
Liefies jou my biekie-baba!

Monday, February 15, 2010
Die Biekie-baba's van Biekie-bos
Hierdie blog word opgedra aan my twee Biekie-baba's : Hanco & Zhanè (wat nog in my pensie wegkruip)
Ek wil graag jul doen en late neerlê sodat jul dit eendag met 'n glimlag op die gesig sal kan lees.
Liefies julle!!!
Ek wil graag jul doen en late neerlê sodat jul dit eendag met 'n glimlag op die gesig sal kan lees.
Liefies julle!!!
Subscribe to:
Posts (Atom)