Monday, February 22, 2010

Zhanè : 20 weke & 2 dae

Mamma was presies halfpad swanger met jou gewees Saterdag, kan dit nie glo nie!!  En vandag oor 18 wekies maak jy jou opwagting (via Keiser).  Kan nie glo die tyd het so vinnig verby gevlieg nie, dis amper tyd vir ons om jou te ontmoet!!  Ek wil hierdie week begin "shopping" doen vir al jou goedtjies, en het die naweek die oortreksels van jou stootkarretjie en drastoeltjie weer lekker mooi skoon gewas.
Jy is verskriklik woelig die laaste ruk, ek kan nou al jou stampies en skoppies begin voel, meestal oor elke liewe een van hulle presies op my blaas gebeur, pappa kon Saterdag aand lekker voel hoe jy skop, want jy was baie woelig gewees.  Ek speel ook nou gereeld vir jou musiek, en ek dink jy hou daarvan, want elke keer as ek dit vir jou speel, dan begin jou woel en beweeg daar binne.
Ons volgende afspraak is die 23ste Maart 2010, kan nie wag om jou weer te sien nie my prinses!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.