Tuesday, February 16, 2010

Zhanè : Jou reis tot dusvêr (19 w & 3 d)

Hi daar sussie, wel Mamma hoop dat jy darem nog 'n sussie is, maar ons sal morê sien en 100% seker maak.  Jy skop en woel nog nie regtig baie nie, maar dit sal seker een van die dae verander.  Mamma is amper 20 weke swanger met jou, wat beteken dat ons nog net 19 wekies oor het voor ons jou ontmoet en jy jou opwagting maak. Ons is baie opgewonde!  En soos jy seker al kan hoor gesels Hanco gereeld met jou en kry jy gereeld soentjie en drukkies van hom af.  Ons is lief vir jou en kan nie wag om jou welkom te heet nie!
Hier is jou eerste 3 sonar foto's en 2 foto's van hoe jy tot dusvêr toe in Mamma se pensie gegroei het :

(12/11/2009)

5 weke & 5 dae oud
Hartklop : 97 spm

















(17/12/2009)
11 weke & 2 dae oud
Hartklop : 168 spm
Lengte : 44.2mm


(20/01/2010)
15 weke & 4 dae oud
Gewig : 128g
Geslag : Dogtertjie (met 90% bevestiging)


Mamma se magie op 15 weke & 2 dae



Mamma se magie op 19 weke & 3 dae

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.