Wednesday, February 17, 2010

Zhanè : Dokter's besoek

Mamma het vandag weer bietjie vir jou gaan loer, Pappa kon ongelukkig nie saam kom nie, hy moes weer opleiding gee hierdie week, waaroor hy baie hartseer was, want hy sou so graag wou saam gaan, maar nou ja.
Volgens die dokter gaan dit baie goed met jou en groei jy baie mooi, jy weeg al 307g en jy is defnitief 'n dogtertjie, waaroor mamma baie bly is, want ek was baie bang jy besluit om eerder in 'n seuntjie te verander, en nou dat ons defnitief weet kan ons lekker begin "shop" en vir jou allerhande mooi goedtjies begin koop.
Het vandag met Ouma Elmarie gepraat en sy kom dalk saam volgende keer as ons vir die volgende scan gaan, wat baie nice sal wees!
Hier is jou sonar fototjie van vandag :

19 Weke & 4 dae oud :


O ja, Mamma kon nie lekker verstaan hoekom ek so effens ongemaklik is deesdae nie, tot die dokter die scan gedoen het en vir my gewys het dat jy moet jou voetjies na onder lê en lekker op mamma se blaas trap, skop en dans, en jy is bietjie woelig vandag, want ek kan omtrent elke liewe bewegingkie wat jy maak voel, wat so lekker is, want dan weet ek dat als ok is.

Jy moet nou sterk groei en lekker speel daar binne, liefies jou!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.