Tuesday, June 22, 2010

Zhané : 36 weke & 6 dae (18/06/2010)

Mamma & Pappa was Vrydag vir ons laaste scan gewees voor jou geboorte, en als lyk wonderlik!  Die dokter is steeds beindruk met jou vordering en jou groei lyk baie goed, jy weeg al 'n hele 2,839kg, jy behoort so ±3kg te weeg by geboorte, so ons sal maar moet wag en sien hoeveel jy in die laaste week groei.
Hier is jou laaste sonar foto :


En ja, die keiser is nou defnitief geskeduleer vir Maandag, 28 Junie 2010 @ 13h30 die middag, ons moet teen 9h30 inbook by die hospitaal sodat hulle die nodige kan doen en mamma moet voor 08h00 die oggend my laaste ete eet, weet nie of ek die heel dag gaan kan uithou nie, maar die feit dat ons jou gaan ontmoet maak dit als die moeite werd!
 
Tannie Monzelle het Saterdag (19/06/2010) ons "Preggy Belly" foto's geneem en die paar wat ek al gesien het lyk stunning!  Mamma kan nie meer wag om die res te sien nie, maar Tannie Monzelle het darem belowe dat sy dit voor die einde van die week reg en klaar sal hê, so sodra mamma nog foto's gekry het sal ek dit bietjie vir jou oplaai.

Jy is vandag 37 weke & 3 dae oud, ons het nog net 6 daggies om te gaan voor ons jou uiteindelik sien!!  Ek het vanoggend vir Hanco ook gewys en vertel dat ons jou oor 6 slapies gaan haal, en hy was nogals heel opgewonde daaroor gewees, het my tot by die skool net die heeltyd bly vertel dat jy oor 6 slapies huistoe kom.  Mamma en Pappa kan nie meer wag om te sien hoe hy gaan reageer as hy jou vir die eerste keer sien nie, en hoe hy gaan reageer en jou hanteer as jy eers by die huis is nie.  Ek dink (en weet sommer) dat hy die heel beste ouboet in die hele wye wereld gaan wees, en jou soos 'n prinses behandel!

Maar mamma gaan nou vir eers groet my prinses, en ons kan nou regtig nie meer wag om jou te sien nie, die tyd raak nou al hoe minder!
Liefies jou!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.