Tuesday, June 22, 2010

Preggy Belly Photo Shoot

OMW! Nooit sou ek gedink het dat ek braaf genoeg sou wees vir so iets nie, maar dit het vir my so mooi gelyk as ek die ander girls se fodies sien, en oor ek dit juis nie met Hanco gedoen het nie, het ek besluit om dit 'n go te gee die keer, aangesien daar volgens my glad nie 'n volgende keer gaan wees nie. 

Ok, maar nou staar die volgende probleem my in die gesig, wie gaan dit doen, want ek gaan nie net sommer gemaklik voel om dit deur enige iemand te laat doen nie, aangesien my pensie soos 'n "world-map" lyk van al die rekmerke.
Dit het baie lank en BAIE manne-moed gevat voor ek uiteindelik op die punt gekom het waar ek vir Monzelle kon vra of sy dit sou oorweeg om dit vir my te doen, en sonder om te blik of te bloos, het sy gesê dat sy dit vir ons sal doen en dat dit geen probleem sal wees nie.
So het ons (met my wat baie senuweeagtig was) die photo shoot Saterdag (19/06/2010) aangepak, en ek dink Monzelle was op die ou einde van die dag moeër as ek gewees, want sy het haar allie afgesukkel om my te kry om te ontspan...LOL! Sorry Monz!
Maar dit wat ek nou al tot dusvêr toe van die eind-resultate gesien het, lyk stunning!! En terwyl ek Sondag so na een van die fotos sit en staar, het ek met 'n knop in my keel aan Guilm gesê : "She made me look pretty!"  (Guilm se antwoord daarop was natuurlik : "But you are pretty!"
Monz, ek dink nie ek kon enige iemand beters gevra het om dit te doen nie, jy het my verstaan, en my skaam en onsekerheid by die deur laat uitvlieg.  Jy het dit in 'n wonderlike ervaring vir ons omskep. 
Jy het gedoen wat ek nie dink enige iemand anders sou kon regkry nie, en ek wil vir jou Dankie sê daarvoor, ons waardeer dit regtig!  Jy het 'n besonderse talent en aanvoel as dit by foto's kom, en jy weet hoe om die "essence" agter die foto na vore te bring.  Jy is "truly stunning"!


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.