Thursday, February 4, 2010

17 weke & 5 dae....

Jip! Ons is al amper 18 weke swanger, die 20 weke-mylpaal is insig!  Morning sickness is a thing of the past, en dankie tog daarvoor, want ek weet nie hoeveel langer ek nog met dit sou kon uithou nie!?  Pensie is al mooi sigbaar en ek "waddle" alreeds. 
Ons 15 weke & 4 dae scan het baie goed verloop, dokter baie beindruk met baba se vordering en baba het toe al 128g geweeg, en dokter vermoed dat dit die keer dalk 'n dogtertjie kan wees!  Hy is self nie seker nie en sal eerder 100% seker maa met ons volgende scan, wat die 17de Februarie is.
Ek het haar nog nie voel skop of beweeg nie, maar dit sal seker met tyd kom, meeste vrouens voel dit eers teen omtrent 20 weke, so ek is al amper daar.


(Ons 15 weke & 4 dae scan)

















(My 15 weke & 3 dae pensie)











Het Donderdag 'n klein bumper bashing gehad waar ek agter-in 'n vrou se (stokou) bakkie vasgery het, gelukkig het niemand seergekry nie en haar bakkie het geen skade nie, maar ons het 'n kwotasie gekry vir die skade op die BMW, en my "klein" bumper bashing gaan ons (of eerder die versekering) R16,947.13 kos, waarvan ons bybetaling ±R2,000.00 gaan wees...so daar gaan my baba-shopping spree vir die maand!

Gepraat van baba-shopping, ek sal een of ander tyd moet begin daarmee, want ons het nog niks vir die baba gekoop nie, nie dat ons regtig wil nie, het besluit dat ons bietjie gaan vasbyt daarmee tot na ons volgende scan, net sodat ons baie duidelik seker kan maak van baba se geslag, wil nie met my voet in my mond sit oor ek te veel van die verkeerde ding gekoop het nie.

Ons begin die naweek die kiddies se kamer te verf en re-vamp!  Moet dit baie selektief doen, aangesien Hanco sy kamer met sy nuwe sussie gaan moet deel, het ons besluit om 'n Unisex-tema.  Gaan die mure lig-groen verf met 'n hout border om.  Hanco se Ben 10 beddegoed gaan daarby inpas en die Winnie The Pooh tema wat ek met die baba se gedeelte van die kamer wil doen.  So nou is dit net om te begin daarmee, kan nie wag nie!

Ek is regtig moeg vandag, voel of ek dae laas geslaap het en of ek enige oomblik agter my rekenaar aan die slaap gaan raak, so ek doen nou enige iets moontlik net om myself wakker een aan die gang te hou.

Ons het volgende Woensdag aand ons eerste ouer-aand by die kleuterskool, en heel opgewonde daaroor, net om graag meer uit te vind oor Hanco se vordering en aanpassing by die kleuterskool.  Want van wat ek kan sien lyk dit of hy baie goed aanpas en dit verskriklik baie geniet daar, sukkel nie om hom in die oggende te gaan aflaai nie, maar Guilm sukkel wel in die middae om hom in die kar te kry...hie hie hie

Slaap, slaap, snork, snork... I need some tea!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.