Thursday, February 11, 2010

Hanco se ouer-aand

Die ouer-aand van Dinsdag (09/02/2010) het toe baie goed afgeloop, al was dit meer die "informational type" as enige iets anders regtig.  Die skoolhoof het maar meer met ons gepraat oor die prosedures ensv. by die skool.  Sy het wel 'n paar interessant punte gelig :
1.  Ouers van vandag is bang vir hul kinders en is bang om hul kinders te dissiplineer;
2.  Kinders wat in die eerste helfte van 'n jaar gebore is, se vordering is baie verder as 'n kind wat in dieselfde jaar, maar in die laaste helfte van die jaar gebore is;
3.  Ouers doen nie hul kinders 'n guns deur hul vroeg in die skool te sit nie, want alhoewel jou kind "slim" genoeg is daarvoor, hy is emosioneel glad nie gereed daarvoor nie.
4.  Dat hul deur verskillende fases van metoriese vaardighede met die kinders gaan, soos dat die kinders eers moet leer papier frommel, dan leer hul hoe om die papier in vorms te skeur, dan leer hul met klei speel en laaste word hul geleer hoe om met 'n skêr te knip.  En alhoewel die juffrou hul tot by 10 leer tel, hoe hul op die ouderdom net tot by 3 te ken, hul hoef net te leer van 'n sirkel, driehoek & vierkant, en al kleure wat hul nou hoef te ken is rooi, blou, geel en groen.

So ek is baie gelukkig met die vordering wat Hanco tot op hede gemaak het, maar nou ja, ek is in elk geval een van daai mammas wat glo dat 'n kind leer deur te speel, en dat my kind se geluk vir my veel belangriker is as om 'n klein "genius" in die huis te hê.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.