Monday, February 15, 2010

Tegnies half-pad

Is vandag 19 weke & 2 dae swanger, so tegnies is ek amper half-pad met my swangerskap.  Kan dit nie glo nie!  Het nog net 19 weke om te  gaan voor baba haar opwagting maak! WOW!  En daar is nog soveel dinge wat gedoen & gekoop moet word.  Het darem Vrydag die AngelCare Nappy Bin via Edgars Online Shopping bestel, wag nou net dat hul my bel om te bevestig dat dit gereeld is en dat ek dit by die winkel kan gaan optel.  Dan moet ons nog die laaste goed in die kamer klaarmaak, soos die Dido-rail opsit en die prente ophang.  Die Chest of Drawers moet nog gekoop word en dan natuurlik, die belangrikste van alles, die res van baba se benodighede!  Sulke dinge se beplanning gaan soms moeilik as die finansies nie lekker wil saamwerk nie, en dit is iets waaroor ek nie regtig wil gesels nie, want as dit nie vir my "bumper bashing" was nie, was dinge salk anders gewees, maar nou ja, sh@t happens en ongelukke gebeur.....
Sien weer Woensdag die dokter, Guilm kan ongelukkig nie die keer saamgaan nie, het vol week training die week :-( 
Kan nie wag vir Woensdag nie, kan nie wag om te sien hoe groot baba geword het en of sy nou wel besluit het om 'n sussie te bly nie!  En volgends die standard groei-chart moet sy ongeveer 15.3cm lank wees en al 240 gram weeg, en volgens my liniaal is 15.3cm al baie lank!
So, dit was gister Valenteinsdag, 'n dag gevul met liefde, hartjies, liefies en soentjies.  Maar in die Botha-huishouding het dit bestaan uit "home-made breakfast", movies & dvd's, en ons almal wat meeste van die dag in ons pj's op die bank ge-loaf het.  Die res van die middag het ons buite op die grasperk saam met Hanco spandeer en net lekker saam met hom gelag en gespeel.  En dit was vir my meer kosbaar as enige iets anders!
Ongelukkig het die week nie baie lekker begin nie, Tannie Hettie het ons vanoggend net na 06h30 gebel en om hulp gevra...sy het perongeluk oor haar Toypom-woefie gery, en ja Simba het ernstig seergekry.  Sy het hom toe maar in die kar gelaai en na die vearts toe gevat, wat bevestig het dat Simba se een longvlies geskeur het, sy maagwand heelwaarskynlik geskeur het en een van die bene in sy beken ook gebreek het.  Dit sou haar amper R4,000.00 om Simba vir 3 / 4 dae te laat opneem, en na vele trane het sy toe maar vanoggend besluit om hom eerder te laat uitsit, wat haar self 'n stewige R1,000.00 gekos het.  Ag shame, ek kry haar so jammer, asof sy dit ook nou nog op hierdie stadium nodig het, die ongeluk en hartseer het haar genoeg ge-terroriseer die laaste paar weke.
Nou ja, kom ons sien wat lewer die res van die week op!
UP, UP AND AWAY! 

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.